Previous Page  27 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 27 / 75 Next Page
Page Background

ႄႉ

HOOFSTUK 1

Klankgreep: Die invoere van mielies vanaf

Amerika in 1992 – mnr Vic Mouton.

gemuf, erg besmet met aflatoksien en vol kaf. Groot hoeveelhede daarvan was nie

vir menslike of dierlike gebruik geskik nie en is in die see gestort.

In die 1993/1994-seisoen is weer eens ’n groot oorskot mielies geproduseer. Die

tydskrif

Mielies/Maize

het in sy uitgawe van November 1993 die destydse Voorsit-

ter van die Mielieraad, mnr Jan Schabort, soos volg aangehaal: “Produsente moet

nie vir uitvoer produseer nie. Vanjaar verloor ons baie geld vanweë die besondere

groot oes. Indien ons net vir die binnelandse mark produseer, behoort die toekoms

vir die bedryf positief te wees. Maar dan moet elke boer sy kant bring en aanplan-

tings afskaal.”

Die Mielieraad het in 1995 ’n ooreenkoms met die Instituut vir Grond, Klimaat en

Water van die LNR aangegaan om navorsing te doen oor die gebruik van satel-

liettegnologie om bewerkte mielielande in die mielieproduserende gebiede af te

baken en dit te nommer. Die totale oppervlakte wat gemeet moes word, het on-

geveer 69 miljoen hektaar beslaan. Die tegnologie sou ook gebruik word om meer

akkurate oesskatting te kan maak en ander belangrike landbou-inligting in te samel.

Dit is destyds beskryf as een van die grootste landbougebeurtenisse van die tyd.

Gedurende Oktober 1996 is produsente geadviseer om nie mielies op hulle swak-

ker grond te plant nie, aangesien die Mielie-advieskomitee (MAK) in Oktober 1996

IN 1991, TOE DIE “POLITIEK AL BEGIN

VERANDER HET”, SOOS WAT MNR VIC

MOUTON, EEN VAN DIE VOORSITTERS VAN

DIE MIELIERAAD, DAARNA VERWYS, IS ’N

STAKING DEUR PRODUSENTE IN PRETORIA

GEREËL. DIT IS NIE DUIDELIK WAT PRESIES

DIE MOTIEF DAARAGTER WAS OF WIE

DIT GEORGANISEER HET NIE, MAAR DIE

MENING IS REDELIK ALGEMEEN GEHULDIG

DAT DIT MEER POLITIES VAN AARD WAS. ’N

DAGBLAD VAN DAARDIE TYD HET BERIG DAT

ONGEVEER 1 000 VOERTUIE (WAARVAN DIE

MEESTE TREKKERS EN VRAGMOTORS WAS)

IN DIE MIDDESTAD VAN PRETORIA SE STRATE

GEPARKEER WAS, WAT DIE VERKEER IN DIE

STAD TOTAAL VERLAM HET. DIE MIDDESTAD

IS AS ’N ONRUSGEBIED VERKLAAR EN

VOLGENS DIE BERIG IS SOWAT 120 VAN

DIE ONGEVEER 5 000 PRODUSENTE WAT

DAARAAN DEELGENEEM HET, GEARRESTEER.

DIE STAKING IS BEËINDIG NADAT ’N

HOOGGEREGSHOFBEVEL VERKRY IS WAT

DIE PRODUSENTE GELAS HET OM HULLE

VOERTUIE TE VERWYDER.

Play Video