Previous Page  29 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 29 / 75 Next Page
Page Background

ႄႋ

HOOFSTUK 1

Gevolglik het mieliepryse tot baie lae vlakke gedaal, wat die mieliebedryf in ’n gewel-

dige krisis gedompel het en reeds in September 2004 gelei het tot ’n aanbeveling van

Graan SA dat die aanplanting van mielies in die volgende seisoen drasties afgeskaal

moet word.

Die krisis met die surplus het daartoe gelei dat Graan SA vroeg in 2005 twee mas-

savergaderings gehou het, een in Centurion en een in Bellville. Die vergaderings is

na raming deur sowat 6 500 mense bygewoon. Die doel daarvan was, onder andere,

om oplossings vir die krisis in die graanbedryf te vind en ’n groter samehorigheids-

gevoel onder produsente te kweek. Tydens die vergaderings is produsente se in-

sette verkry wat ook daarna in die verdere proses deur Graan SA oorweeg is.

Teen Julie 2005 is geraam dat die oordragvoorraad op 30 April 2006 ongeveer

5,9 miljoen ton kon beloop, wat sowat 72% van die normale jaarlikse binnelandse

verbruik uitgemaak het.

’n Studie wat deur Graan SA gedoen is, het daarop gedui dat dit teen die destydse

heersende produsentepryse nie ekonomies lewensvatbaar was om mielies te pro-

duseer nie. Produsente is wéér aangeraai om in die 2005/2006-produksieseisoen

minder mielies aan te plant en om eerder alternatiewe moontlikhede te ondersoek,

soos om vooruitkontrakte (sogenaamde papiermielies) te koop of hulle mielies nie

in die 2005/2006-bemarkingseisoen te verkoop nie, maar dit na die volgende jaar

oor te dra – wat natuurlik ’n koste-effek in terme van rente en opberging gehad het.

Dit was duidelik dat, ongeag watter alternatief die produsente ook al kies om die

heersende krisis aan te spreek, dit uiteindelik net effektief kon wees indien produk-

sie in die volgende seisoen wesenlik afgeskaal sou word. Volgens Graan SA se

finale berekening van die produksieruimte vir die 2005/2006-seisoen is produsente

aangeraai om witmielie-aanplantings te beperk tot ongeveer 363 000 ha, sowat

80% minder as in die vorige seisoen en geelmielies tot sowat 450 000 ha, wat ’n

afskaling van sowat 58% beteken het.

Hoewel mielie-aanplantings uiteindelik nie tot die mate afgeskaal is wat Graan SA

aanbeveel het nie, is uiteindelik slegs 2 032 miljoen hektaar in die 2005/2006-produk-

sieseisoen aangeplant, synde 1 191 miljoen ton, oftewel 37%, minder as in die vorige

jaar. Dít, tesame met ander aksies wat produsente geneem het, het beteken dat die

oogmerke bereik kon word en het tot ’n redelike herstel in die mielieprys gelei.

2013/2014-seisoen

In die 2013/2014-seisoen is sowat 14,3 miljoen ton mielies geproduseer, wat tot

in 2016 die tweede grootste mielieoes ooit in Suid-Afrika verteenwoordig. Tot op

daardie stadium was die meeste mielies in die land in die 1981/1982-produksie-

seisoen verbou, naamlik 14,87 miljoen ton. Wat die 2013/2014-oes egter meer

merkwaardig maak, is die feit dat dit op 2,6 miljoen hektaar geproduseer is teen ’n

gemiddelde opbrengs van 5,5 ton/ha, teenoor 4,3 miljoen hektaar met ’n gemid-

delde opbrengs van 3,4 ton/ha in 1981/1982.

Produsente by die vergadering in Bellville.

Bykans 1 500 belanghebbendes het by die

Velodrome in Bellville saamgetrek.

Mnr Johan Kriel (ACDP, Wes-Kaap) aan die

woord in Bellville.

Dr Kraai van Niekerk.

Mnr Bully Botma (Voorsitter van Graan SA),

aan die woord.

Mnr Johan Hoffman (produsent van Botha-

ville).

Die opkoms by die massavergadering in Centurion is geskat op ten minste 5 000.