Previous Page  28 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 28 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႊ

daarop gewys het dat daar ’n oorskot witmielies in Suid-Afrika was en op daar-

die stadium nog nie ’n bemarkingskema vir die volgende seisoen bestaan het nie.

Daarbenewens het internasionale mieliepryse ’n dalende tendens getoon en het

die risiko bestaan dat die oorskotproduksie teen verliese verkoop of uitgevoer

moet word.

Kort daarna, in November 1996, het die Minister van Landbou, mnr Derek Hanekom,

aangekondig dat geen vloerprysstelsel in die volgende seisoen sou geld nie, wat ook

geïmpliseer het dat daar geen stabilisasieheffing sou wees nie. Die gevolg daarvan

was dat die produsente geen beskerming teen dalende pryse gehad het nie.

1998/1999-surplus – Eerste jaar na deregulering

Met die aanvang van die 1998/1999-bemarkingseioen het Suid-Afrika oor sowat

2,61 miljoen ton oordragvoorraad vanaf die vorige jaar beskik, wat bestaan het uit

1,37 miljoen ton witmielies en 1,26 miljoen ton geelmielies. Op daardie stadium het

die oesskattings daarop gedui dat ’n oes van sowat 7,19 miljoen ton mielies in daar-

die seisoen verwag kon word, wat beteken het dat in totaal sowat 9,8 miljoen ton

mielies in die binneland beskikbaar sou wees. Suid-Afrika se binnelandse verbruik is

in daardie seisoen op hoogstens 7 miljoen ton geraam.

Daar was dus ’n verwagte ooraanbod van sowat 2,8 miljoen ton mielies in die land,

wat sonder twyfel die produsenteprys sou benadeel. Aangesien die Mielieraad nie

meer bestaan het nie, was die produsente op hulself aangewese om die situasie te

beredder. NAMPO het saam met die landboumaatskappye en -koöperasies ’n groot

poging aangewend om mielies uit te voer. Vir dié doel is produsente versoek om

15% van sowel hulle wit- as geelmielie-oes in ’n uitvoerpoel te lewer sodat dit uit-

gevoer kon word ten einde die balans in die vraag en aanbod binnelands te herstel

en sodoende die produsenteprys te probeer ondersteun.

Produsente se deelname aan die uitvoerpoging het van gebied tot gebied verskil,

maar uiteindelik is minder as 60% van die mikpunt behaal. Die surplusprobleem was

dus nie deur die uitvoerpoging opgelos nie, maar dit het wel geblyk dat die realiteit

van die gevolge van oorproduksie in die gedereguleerde markomgewing mieliepro-

dusente aangemoedig het om in die volgende seisoen minder mielies te plant, wat

sou bydra tot ’n beperking van die totale mielie-aanbod.

2004/2005-surplus

Die 2004/2005-produksieseisoen het weer eens ’n baie goeie mielie-oes (sowat

11,7 miljoen ton) opgelewer. Dit was reeds van die vroegste oesskattings af duidelik

dat, gegewe die oordragvoorraad van die vorige jare en die verwagte groot oes van

daardie seisoen, ’n baie groot oorskot bo die binnelandse vraag tot gevolg sou hê.

DIE MAK IS IN 1995

INGEVOLGE DIE BEPALINGS

VAN ARTIKEL 16 VAN DIE

MIELIEBEMARKINGSKEMA

SAAMGESTEL OM

DIE MIELIERAAD

OOR SPESIFIEKE

AANGELEENTHEDE

VAN RAAD TE BEDIEN.

DIE MAK HET SLEGS

IN ’N ADVISERENDE

HOEDANIGHEID OPGETREE

EN DIE FINALE BESLUIT

OOR HOE SAKE WAT NA

DIE MAK VERWYS IS,

HANTEER MOET WORD,

HET BY DIE MIELIERAAD

BERUS. DIE MAK HET UIT

24 LEDE BESTAAN EN DIE

VOORSITTER WAS MNR

ATTIE SWART VAN DIE

DEPARTEMENT

VAN LANDBOU.

Die Wolmaransstad-studiegroep het daarna uitgesien om die

vergadering by te woon.

Honderde produsente en rolspelers in die graanbedryf het SuperSport-

park in Centurion binnegestroom.