Previous Page  22 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 22 / 75 Next Page
Page Background

DIE

GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF

VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD

ႄႄ

idee gekant was, het hy later toegegee dat die transaksie gedoen kon word, maar op

voorwaarde dat dit deur die misstofvereniging gekanaliseer moes word.

Die finale onderhandelings oor die transaksie, waarop die Mielieraad deur Von Abo

asook mnre Boetie Viljoen (Ondervoorsitter van die Mielieraad) en Hendrik Nel sowel

as twee prokureurs verteenwoordig was, is in Murten in Switserland gevoer en het

’n week lank geduur voordat ooreenkoms bereik is. ’n Aspek wat baie aandag geniet

het, was die kwaliteit van die ureum. Die geselskap in Switserland was in deurlo-

pende kontak met dr Piet Gous, Hoofbestuurder van NAMPO om seker te maak dat

die produk aan die vereiste standaarde voldoen. Eers nadat hulle daarvan verseker

was, is die transaksie beklink. Albei partye het behoorlik volgens die ooreenkoms

presteer en die ureum is later in 1982 in die Durbanse hawe ontvang.

Die ureum is op aandrang van Minister De Villiers en die Misstofvereniging aan-

vanklik deur laasgenoemde by hulle aanleg te Umbogintwini in KwaZulu-Natal

opgeberg. Die Mielieraad was egter nie tevrede met die wyse waarop dit gedoen

is nie en het dit later na ander opbergingsfasiliteite van die Mielieraad se keuse

geneem waar dit onderdak opgeberg is.

Die kunsmis is deur die destydse koöperasies verkoop. Noordwes Koöperasie

(NWK) van Lichtenburg in die Noordwes Provinsie, onder leiding van mnr Andries

Beyers, het ’n baie belangrike rol daarin gespeel.

Die Mielieraad was tevrede dat die transaksie in geheel gesien tot groot voordeel

van die mielieprodusente was, omdat dit tegelyk hoër produsentepryse vir mielies

en laer bemestingskoste in die hand gewerk het. Die finansiële voordeel vir die

mieliebedryf het etlike miljoene rande beloop.

1982 – rampdroogte en invoere

In die 1982/1983-produksieseisoen het die mielieproduserende gebiede weer ’n

rampdroogte beleef. Teen die einde van Januarie 1983 het die posisie sodanig

versleg dat Viljoen (op daardie stadium die Ondervoorsitter van die Mielieraad) in

die afwesigheid van die Voorsitter, Von Abo, opdrag gegee het dat geen meer mie-

lies uitgevoer mag word nie. Hierdie stap, tesame met ’n aksie van die Mielieraad

om mielies wat reeds vir uitvoer verkoop was, terug te koop, het uiteindelik vrugte

afgewerp, omdat die Mielieraad sowat 1,2 miljoen ton mielies na die volgende sei-

soen kon oordra. Ten spyte daarvan was dit as gevolg van die langdurige droogte

en opeenvolgende swak oeste steeds nodig om groot hoeveelhede mielies in die

volgende jaar in te voer.

Die realiteit was egter dat daar nie witmielies in die wêreld beskikbaar was nie en

dat hoofsaaklik geelmielies van die Golf van Mexiko af ingevoer is. Dit was derde-

graadse geelmielies en veral aan die begin van die invoerprogram was baie van die

mielies met aflatoksien besmet, wat die Mielieraad verplig het om dit te vernietig.

Die eerste ingevoerde mielies het op 19 Junie 1983 met die skip Sea Grand Ace in

die Kaapstadse hawe geland. Uiteindelik is altesaam 157 skeepsvragte mielies met

DIT IS IRONIES DAT DIE

ROEMENIËRS DIE MIELIES

WAT VAN SUID-AFRIKA

VERKRY IS, VIR HULLE

VARKE GEVOER EN DAN

WEER DIE VARKE NA

DIE VSA, WAT STRENG

SANKSIES TEEN SUID-

AFRIKA INGESTEL HET,

UITGEVOER HET.

MIELIES GERUIL VIR RUOLIE

In die tydperk rondom 1985 het Suid-Afrika geweldig onder internasionale

sanksies gebuk gegaan en kon die land nie ruolie vir brandstof verkry nie.

Onderhandelinge is met Iran aangeknoop om die grootste gedeelte van

Suid-Afrika se uitvoerbare surplus mielies vir ruolie te verruil. Die tran-

saksie is deur verteenwoordigers van die Mielieraad en die Suid-Afrikaanse

regering tydens ’n geheime vergadering in Londen beding. Die interna-

sionale politieke omgewing en gesindheid teenoor Suid-Afrika op daardie

tydstip, met die gepaardgaande sanksies teen die land, het uiterste geheim-

houding vereis. Geen kontrakte is onderteken nie en die transaksie is slegs

met ’n handdruk beklink. Weer eens het beide partye behoorlik volgens die

ooreenkoms presteer.

Die volgende persone was onder dié wat die onderhandelings bygewoon

het: Mnre Japie Grobler, Vic Mouton, Jeff Wayland, Pieter Meyer en Leon

du Plessis van die Mielieraad en dr Kit le Clus van NAMPO.