ႅႃ
HOOFSTUK 1
die Departement van Handel en Nywerheid ingestel om ander landbouverwante
bedrywe te beskerm en/of bevorder ten koste van die mielieprodusente.
1982 NAMPO-kongres
Op 23 Junie 1982 het die mielieprodusente op ’n buitengewone NAMPO-kongres
eenparig besluit om ’n markverwante ekonomiese stelsel vir die mieliebedryf te
aanvaar, binne die orde van die heersende eenkanaalbemarkingstelsel. In terme
daarvan sou die Mielieraad steeds die enigste koper en verkoper van plaaslik
geproduseerde mielies wees, maar enige persoon sou mielies vryelik kon invoer.
Verder sou alle beperkings en heffings op die invoer van boerdery-insetmiddels
en grondstowwe wat daarvoor benodig is, opgehef word.
Daarna is die aanvanklike prysbepalingsformule nooit weer volledig toegepas nie
en tot 1987 is mieliepryse jaarliks op ’n ad hoc-basis vasgestel. Dit het tot gevolg
gehad dat mielieprodusente tot ’n groter wordende mate self die kosteverhogende
effek van inflasie moes begin absorbeer. Die regering het ook begin om die subsi-
die op opbergingskoste, wat vanaf die middel 1950’s bestaan het, uit te faseer, wat
’n verdere finansiële las op die mielieprodusente gelaai het.
Gedurende die vroeë tot middel 1980’s het dit begin duidelik word dat die regering
se beleid geleidelik begin beweeg het in die rigting van ’n ekonomie wat deur
markkragte beheer word met minder staatsinmenging, oftewel in die rigting van
’n vryemarkstelsel. Die destydse Eerste Minister, mnr PW Botha, het inderdaad
uitsprake gemaak tot dien effekte dat die regering sal voortgaan om weg te be-
weeg van direkte ekonomiese beheer, soos prys- en loonbeheer, valutabeheer en
bankkredietplafonne. Vir landbou het dit beteken dat minder op owerheidsteun
staatgemaak kon word en dat die algemene denkpatroon in landbou sou moes
aanpas by ’n meer gebalanseerde posisie met minder inmenging.
Ook in die geledere van NAMPO en georganiseerde landbou het die beweging na
groter deelname aan die vryemark op die voorgrond begin tree. Die verandering
in die breë filosofie van die owerheid in die middel tagtigerjare, wat groter bloot-
stelling aan markkragte betref, het saamgeval met aanbevelings deur NAMPO dat
produsente bedag moet wees op die nadelige effek van surplus mielieproduksie en
die noodsaaklikheid om alternatiewe te ondersoek.
Jacobskomitee en die tweemarkstelsel
Na aanleiding van ’n vergadering tussen ’n NAMPO-afvaardiging en mnr Greyling
Wentzel, die Minister van Landbou, gedurende Mei 1983 het die minister die Jacobs-
komitee opdrag gegee omondersoek in te stel na die probleme wat in die mieliebedryf
ondervind is en oplossings daarvoor te formuleer. Die Komitee het uiteindelik ’n
tweemarkstelsel aanbeveel waarvolgens produsente se toegang tot die plaaslike mark
deur ’n kwotastelsel vir lewerings beheer sou word, terwyl enige produsent geregtig
sou wees om onbepaalde hoeveelhede mielies in ’n uitvoerpoel te lewer. Die pryse
van mielies wat vir die plaaslike mark en in die uitvoerpoel gelewer word, sou onaf-
hanklik van mekaar deur die netto resultaat van die onderskeie poele bepaal word.
Die voorgestelde tweemarkstelsel is gedurende September 1983 in beginsel deur
beide Minister Wentzel en NAMPO aanvaar. Vir die twee jaar daarna is ’n groot po-
ging aangewend om die konsep in ’n aanvaarbare stelsel te omskep. Dit is deuren-
tyd op toepaslike forums bespreek en gedurende NAMPO se jaarkongres van 1985
is besluit dat daadwerklike aandag aan die instelling van die stelsel gegee moet
word. Minister Wentzel het egter op 13 September 1985 die voorgestelde skema
op aanbeveling van die Bemarkingsraad verwerp voordat dit geïmplementeer kon
word en daarmee het die konsep gesneuwel.
Minister Wentzel het terselfdertyd aangekondig dat hy nie met die bestaande een-
kanaal vasteprysskema tevrede was nie en het die Bemarkingsraad versoek om
voorstelle vir ’n alternatiewe bemarkingstelsel aan hom voor te lê. Kort daarna
het gerugte ontstaan dat ’n eenkanaalpoelstelsel moontlik ingestel kan word, wat
uiteindelik in 1987 bewaarheid is.
1984/1985-produsenteprys
Intussen het die Mielieraad by die bepaling van die produsenteprys vir die
1984/1985-seisoen, die benadering gevolg dat die koste van ingevoerde mielies