ႅႅ
HOOFSTUK 1
VANAF 1937 TOT 1996 IS ALLE ASPEKTE
VAN MIELIEBEMARKING IN SUID-AFRIKA
DEUR DIE MIELIERAAD BEHEER. DIE WYSE
WAAROP PRYSE VASGESTEL IS, IS GEREËL
DEUR DIE BEMARKINGSKEMAS WAT VAN
TYD TOT TYD BESTAAN HET. DIE AFSKAFFING
VAN DIE MIELIERAAD HET WESENLIKE
VERANDERINGS TEWEEGGEBRING.
PRODUSENTE KON NIE MEER OP ’N
VOORSEISOEN- OF VOORSKOTPRYS
STAATMAAK VIR PRYSVASSTELLING OF
PRYSRISIKOBESTUUR NIE.
OM DIE WAARHEID TE SÊ, DIE KOMS
VAN DIE VRYEMARKSTELSEL HET DIE
MIELIEBEDRYF, SOOS OOK DIE ANDER
GRAANBEDRYWE, RADIKAAL VERANDER.
PRODUSENTE HET ONDER DRUK GEKOM
OM PRODUKTIWITEIT TE VERHOOG DEUR,
ONDER ANDERE, VERHOOGDE GEBRUIK
VAN MASJINERIE, KUNSMIS, ARBEID,
DIE OPTIMALISERING VAN ALGEMENE
PRODUKSIEPRAKTYKE EN ONTTREKKING
VAN MARGINALE GROND AAN
GRAANPRODUKSIE.
langtermynvoordeel van die produsente moes wees, dat prysseine voor die plant-
seisoen bekend gemaak moes word en dat mielies nie weer teen ’n verlies uitge-
voer sou word nie. Dit het ook behels dat die Mielieraad nie geregtig was om geld
te leen ten einde hoër pryse aan produsente te betaal as wat uit die mark verdien
kon word nie. Die ooreenkoms het die daarstelling van ’n eenkanaalpoelstelsel
vir die bemarking van mielies behels waarvolgens die produsenteprys bloot die
resultaat was van ’n verpoeling van die Mielieraad se netto inkomste uit verkope
– plaaslik sowel as uitvoere.
Die veranderde stelsel het beteken dat die Mielieraad ’n vooruitskouing van die
mark oor die volgende twaalf maande sou neem en ’n berekening maak van watter
resultaat die totale mielie-oes moontlik in daardie seisoen kon oplewer. Die be-
rekenings het ’n marge vir onvoorsiene gebeurlikhede ingesluit. Op grond daarvan
is ’n voorskotprys bereken en aan die produsente betaal.
Dit het die mieliebedryf radikaal verander. Produsente het onder groter druk ge-
kom om produktiwiteit te verhoog, wat hulle gedoen het deur, onder andere, in-
sette, soos kunsmis en arbeid, te verminder en marginale grond na weiding om
te skakel. Die gevolg was ’n aansienlike verhoging in gemiddelde opbrengs met
minder insette. Dit het ook daartoe gelei dat die produksie van mielies in die weste-
like gebiede met laer reënval afgeneem het en tot ’n groter mate in die hoër reën-
valgebiede gekonsentreer is.
1993-mielieprys
In 1993 het die bepaling van die produsenteprys vir mielies eweneens tot hewige
debatte gelei, omdat sowel die produsente as die verbruikers onder baie moei-
like omstandighede eintlik vir oorlewing geveg het. Produsente was in ’n posisie
waar insetinflasie hoë afmetings aangeneem het onder omstandighede waar die
vorige seisoen se droogte ’n daling van tussen 30% en 40% in mielieprodusente se
inkomste veroorsaak het, terwyl verbruikerspryse terselfdertyd oor die algemeen
geweldig gestyg het. Die positiewe uitvloeisel van dié debatte was dat eenstem-
migheid bereik is oor die behoefte dat mieliepryse in die toekoms sover moontlik
markverwant en nie polities gemotiveer moes wees nie.
Somergraanskema beëindig
In die 1994/1995-bemarkingsjaar is die Somergraanskema beëindig en vanaf
1 Mei 1995 is die vasteprys-eenkanaalbemarkingskema herroep en kwantitatiewe
beperkings op mielie-invoere opgehef. Mieliepryse is daarna sonder statutêre in-
menging in die markplek gevorm en Safex het die platform geword waarop pryse
bepaal word. Voortaan sou produsente se besluite oor prys- en risikobestuur deur
markinstrumente en -faktore beïnvloed en gerig word.