Previous Page  25 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 25 / 75 Next Page
Page Background

ႄႇ

HOOFSTUK 1

van tyd by veranderde omstandighede moet aanpas. In dié verband is aanbeveel dat

mettertyd na ’n meer markgerigte eenkanaalstelsel vir mielies beweeg word (deur

produsente toe te laat om onder bepaalde voorwaardes mielies direk aan kopers te

verkoop) en mettertyd ’n prysvormingsmeganisme te ontwikkel.

Die komitee het uitgewys dat ’n vryemarkstelsel wel sekere voordele gehad het en

die mening uitgespreek dat die beste oplossing waarskynlik geleë is in ’n kombi-

nasie van gereguleerde prysvorming en ’n vryemarkmeganisme, met ’n behoorlike

verdeling van funksies.

Die komitee se aanbevelings het verder ingesluit dat volstaan moet word met

die Minister van Landbou se besluit om die eenkanaalstelsel vir mieliebemar-

king landswyd van toepassing te maak, maar het aanvaar dat verskillende bemar-

kingsreëlings wel in verskillende gebiede kan geld op grond van verskillende

omstandighede. ’n Herindeling van die mieliegebiede met gedifferensieerde be-

markingsreëlings is voorgestel.

Ander belangrike aanbevelings van die Brandkomitee was dat die Staat onder-

steuning aan produsente moet verleen in geval van ramptoestande en dat die Staat

homself moet verbind tot die finansiering van ’n strategiese graanvoorraad of die

finansiering van uitvoerverliese verbonde aan voorafbepaalde strategiese produk-

sievolumes. Eweneens was die komitee van mening dat ondersteuning aan sekere

verbruikersgroepe geregverdig sou wees, onderhewig daaraan dat dit op só ’n

wyse moet geskied dat dit nie verkeerde markseine skep nie.