DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႅႂ
Beide die twee rekordjare was geseënd met goeie reën op die regte tyd en
ontleders is van mening dat sinvolle vergelykings tussen die twee jare gemaak
kan word. Die verbetering in die gemiddelde opbrengs per hektaar dui onge-
twyfeld op ’n aansienlike verbetering in doeltreffendheid in die mieliebedryf
in die 20 jaar na 1982. Hierdie verbetering kan aan verskeie faktore toegeskryf
word, soos die verbetering in die kwaliteit van insette, die omskakeling van
margi-nale lande in aangeplante weidings in terme van die grondomskakeling-
skema, verhoogde effektiwiteit in die algemeen en groot tegnologiese ontwik-
kelings. Laasgenoemde het nie net op die gebied van masjinerie, toerusting
en inligtingstelsels gebeur nie, maar ook veral ten opsigte van die genetiese
ontwikkeling van saad, nuwe aktiewe bestanddele vir plaagdoders en onkruid-
beheermiddels, asook nuwe kunsmisprodukte.
Prysbepaling
Eenkanaalstelsel
Die mielieprodusente was na die instelling van die eenkanaalbemarkingstelsel in
1944/1945 in ’n posisie waar die prys sowel as die mark vir hulle produkte ge-
waarborg was. Die produsenteprys vir mielies was onder dié stelsel gebaseer op
die gemiddelde produksiekoste daarvan, soos deur die Departement van Landbou
bepaal. Die Mielieraad het ’n voorgestelde prys aan die Nasionale Bemarkingsraad
voorgelê, wat weer ’n aanbeveling aan die Minister van Landbou gemaak het. Die
minister het dan besluit wat die prys moet wees en dit aan die Kabinet vir goed-
keuring voorgelê, waarna hy dit afgekondig het.
Die wyse waarop die produsenteprys bereken was en die feit dat die prys gewaar-
borg was, tesame met groter beskikbaarheid van finansiering en subsidies op die
koste van finansiering, sowel as ander vorms van owerheidsteun, soos subsidies
en rabatte, het produsente aangemoedig om mielieproduksie uit te brei. Dit het
met verloop van tyd tot surplusproduksie aanleiding gegee, wat tot groter druk op
die produsenteprys bygedra het.
Die basis waarop die produsenteprys bereken is, het egter vanaf ongeveer die
middel 1970’s tot prysvlakke gelei wat vir die owerheid onaanvaarbaar hoog was,
veral weens die effek van die vinnig-versnellende inflasiekoers. Gevolglik het
die regering in 1981 besluit om van die bostaande prysformule af te wyk en het
geen verhoging in die produsenteprys vir mielies in daardie jaar toegestaan nie.
Dit het tot groot ontevredenheid onder produsente aanleiding gegee, aangesien
dit die produsente in ’n geweldige nadelige finansiële posisie geplaas het in ’n
jaar waarin gehoop is dat die rekord mielie-oes sou kon bydra tot die finansiële
herstel van baie mielieprodusente. Verder is verskeie maatreëls terselfdertyd deur