ႄႅ
HOOFSTUK 1
DIE POSISIE WAS IN DIE
1983/1984-SEISOEN SO BENARD DAT ’N
SKEMA INGESTEL IS WAARVOLGENS
GEELMIELIES BY WITMIELIES
INGEMENG IS OM DIE TEKORT AAN
WITMIELIES IN DIE LAND DIE HOOF TE
BIED. DIE SKEMA IS IN DIE VOLGENDE
SEISOEN VOORTGESIT. VANAF 1 APRIL
1984 MOES DIE MENGVERHOUDING
BESTAAN UIT 75% GEELMIELIES EN
25% WITMIELIES. AS GEVOLG VAN ’N
AFNAME IN DIE VERWAGTE VERBRUIK
VAN WITMIELIEPRODUKTE EN DIE
FEIT DAT MEER WITMIELIES DEUR
PRODUSENTE GELEWER IS AS WAT
AANVANKLIK BERAAM IS, HET DIE
WITMIELIEVOORRAAD GEDURENDE
DIE SEISOEN SODANIG VERBETER DAT
DIE MENGREGULASIES VERSLAP KON
WORD. SEDERT 1 JANUARIE 1985 IS
DIE PERSENTASIE WITMIELIES IN DIE
MENGSEL VAN 25% TOT 40% VERHOOG
EN VANAF 11 MAART 1985 IS DIE
VERBOD OP DIE VERKOOP VAN SUIWER
WITMIELIES EN WITMIELIEPRODUKTE
IN GEHEEL OPGEHEF.
Die Departement van Handel en Nywerheid
het vir hulself groot kritiek ontlok deur
landbouverwante bedrywe ten koste van
produsente te beskerm.
Toe al het produsente noustrop getrek as
gevolg van stygende insetkoste.