DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႄႈ
1988/1989-surplus
Die 1988/1989-seisoen het ’n groot oorskot mielies opgelewer. As gevolg daarvan
moes sowat 4,2 miljoen ton mielies deur Suid-Afrika uitgevoer word, wat gewel-
dige eise aan die hanterings- en vervoerinfrastruktuur gestel het. Dit is amper iro-
nies dat Suid-Afrika slegs ’n jaar later as gevolg van nóg ’n droogte, weer mielies
moes invoer en as gevolg van die groot tekort aan witmielies, geel- en witmielies
moes meng in die produksie van mieliemeel.
1992-rampdroogte en daarna
In 1992 het ’n rampdroogte in die mielieproduserende gebiede tot ’n groot tekort
aan mielies in Suid-Afrika gelei. Sowat 4,3 miljoen ton mielies moes ingevoer
word – die grootste mielie-invoere tot op daardie stadium. Die Staat het mielies
van Amerika af ingevoer, maar dit is deur die Mielieraad in samewerking met die
Spoorweë geadministreer en versprei. Die mielies was van baie swak gehalte,
Oom Lang Hans Viljee van
Mielies/Maize
gesels oor die staking in Pretoria.
MNR VIC MOUTON
D
ie
HooŁest§ur
van
SAMPI het besluit dat
die vasgestelde mieliepr®s
te laag is. Die Minister van Land-
bou, mnr Hendrik Schoeman,
wou eg¥er na geen arg§ment luister
nie. Jy kon Lichtenburg se stadsaal
binne ’n dag volmaak met maklik
300 stoele wat buite uitgepak is,
soos die boere kom luister – en
almal wil net veg. Maar Minister
Schoeman het net gesê dit is die
pr®s en basta.
Toe besluit ons mos om geen mie-
lies te lewer nie. ’n SAMPI HooŁe-
st§urslid genaamd Jan de Br§y
–hyhet langs SarelHaasbroek teen
die Carletonville-pad geboer – en
Wilhelm Els van Leeudoringstad
se wêreld, was t«ee kwaaijongens
met daardie staking. De Br§y het
op Carletonville sy bakkie in die
siloperseel se hek get¢ek sodat die
ouens nie daar kon inkom nie.
En as daar ’n lor¢ie komwat mielies
wil aflaai, het hy hulle net wegge-
jaag...mense uit die lor¢ies uitger§k
en so aan.
Die staking was uiteindelik nie
volhoubaar nie. Die Regering het
sekere reëlings met ons gemaak om
dit te beëindig, maar die mieliepr®s
het presies dieselfde gebly.
DIE STAKING VAN 1985