DIE
GRAAN- EN OLIESADEBEDRYF
VAN SUID-AFRIKA – ‘N REIS DEUR TYD
ႅႄ
die grondslag van die produsenteprys moes vorm. Die redenasie was dat indien
die Suid-Afrikaanse produsenteprys op ’n laer vlak vasgestel sou word, dit daarop
sou neerkom dat die plaaslike produsente die verbruiker sou subsidieer. Gegewe
die benarde finansiële posisie van die mielieprodusente weens die langdurige
droogte vanaf 1983, was dít nie vir die produsente aanvaarbaar nie. Uiteindelik
is besluit om die produsenteprys op die gelande koste van ingevoerde mielies te
baseer. In die Mielieraad se 1985-jaarverslag is gerapporteer dat die verbruikers-
organisasies, met wie die Mielieraad vanaf Februarie 1984 samesprekings gevoer
het, met hierdie benadering saamgestem het.
Tydens dié geskiedkundige vergaderings met die verbruikersorganisasies is ook
ooreengekom dat die verkooppryse vir ingevoerde en plaaslik geproduseerde
mielies dieselfde moes wees. Aangesien die invoerprys op daardie stadium hoër
as die plaaslike produsenteprys was, sou hierdie benadering noodwendig lei tot
hoër verbruikerspryse vir mielieprodukte.
Gevolglik het die Mielieraad en die verbruikersorganisasies ooreengekom om ge-
samentlik te beding vir die grootste moontlike regeringsubsidie met die oog daar-
op om die verhoging in die verbruikersprys vir mielieprodukte tot die inflasiekoers
te probeer beperk. Die regering is versoek om die bedryf met R275 miljoen te
subsidieer, wat gelykstaande was aan die broodsubsidie, maar dit was nie vir die
regering aanvaarbaar nie. Uiteindelik het die regering toegestem tot ’n subsidie
van tussen R160 miljoen en R170 miljoen, wat voldoende was om die Mielieraad
se marge, administrasiekoste en sowat 50% van die koste van sy reklameprogram
te finansier.
Minister Wentzel se aankondiging op 25 April 1985 dat die mielieprys nie van die
vorige jaar se vlakke verhoog sal word nie, as gevolg waarvan die NAMPO-lede
op die Mielieraad bedank het, het groot ontevredenheid ook onder produsente
veroorsaak en tot ’n hele aantal aksies deur hulle aanleiding gegee, waarna meer
volledig in Hoofstuk 2 verwys word is.
1987: NAMPO-lede weer op Mielieraad
In 1987, twee jaar nadat die NAMPO-lede uit die Mielieraad bedank het uit on-
tevredenheid met die mielieprys wat die Minister Wentzel (Landbou), aangekondig
het, het die twee partye weer onderhandel om die situasie te probeer beredder,
voortspruitend waaruit ooreengekom is dat die produsentelede van die Mielie-
raad weer uit NAMPO-genomineerdes aangestel sou word. Daar is verder met die
Minister van Landbou ooreengekom dat die Mielieraad daarna jaarliks die produ-
senteprys van mielies sou vasstel op die basis en veronderstelling dat dit tot die
GEDURENDE 1985 HET DIE
MINISTER VAN LANDBOU,
MNR GREYLING WENTZEL,
BY VERSKEIE GELEENTHEDE
DIT DUIDELIK GEMAAK DAT
DIE VERBRUIKERSUBSIDIE
WAT DIE REGERING AAN
DIE MIELIERAAD BETAAL
HET, UITGEFASEER SOU
WORD. DIT HET BETEKEN
DAT DIE VERBRUIKERS
’N GEDEELTE VAN DIE
MIELIERAAD SE KOSTES,
SOOS OPBERGINGS-,
HANTERINGS- EN
FINANSIERINGSKOSTE,
MOES ABSORBEER.
Die mielieprodusente het ’n massavergadering op die Markotter Stadion in Klerksdorp ge-
hou om die situasie te bespreek. Dit is gehou die dag nadat die afspraak met mnr PW Botha
in Tuynhuys plaasgevind het en die afgevaardigdes het verslag gedoen oor die vergadering.