Previous Page  19 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 19 / 75 Next Page
Page Background

ႃႋ

HOOFSTUK 1

TEEN 1923 WAS DAAR

REEDS 20 VERSKILLENDE

MIELIEKULTIVARS IN

SUID-AFRIKA BESKIKBAAR.

Ruiltransaksie met Roemenië

Gelukkig kon die Mielieraad daarin slaag om ’n ruiltransaksie vir ureum met Roe-

menië aan te gaan op grond waarvan 204 880 ton geelmielies vir 208 000 ton ureum

geruil is. Die Roemeniërs het by die Voorsitter van die Mielieraad, mnr Crawford von

Abo, navraag gedoen oor die moontlikheid dat die Mielieraad hulle van mielies kon

voorsien. Tot op daardie stadium is Roemenië deur die VSA van mielies voorsien,

maar dit is gestaak en die Roemeniërs moes alternatiewe bronne kry ten einde hulle

varkboerdery van sowat een miljoen varke te kon voer.

Die Roemeniërs kon nie die Mielieraad vir die mielies betaal nie, maar hulle was

bereid om ’n ruiltransaksie aan te gaan, hetsy vir wapens of olie of kunsmis. Die

voorstelle is met die regering bespreek en daar is op ureum besluit, veral omdat

stikstofpryse op daardie stadium die hoogte ingeskiet het. Hoewel die regering, by

name die Minister van Handel en Nywerheid, dr Dawie de Villiers, geweldig teen die

16 000

14 000

12 000

10 000

8 000

6 000

4 000

2 000

0

(Duisend)

1980/1981

1988/1989

1993/1994

2004/2005

2007/2008

2008/2009

2009/2010

2011/2012

2012/2013

2013/2014

Hektaar

Opbrengs (ton)

Grafiek 11: Tien grootste mielie-oeste versus hektare geplant vanaf 1980

1981-rekordoes

Die mielie-oes van 1981 was die grootste wat tot 2015 in Suid-Afrika geprodu-

seer is. In daardie jaar is bykans 14,87 miljoen ton mielies geproduseer, waarvan

13,6 miljoen ton deur produsente aan die mark gelewer is, sowat sewe miljoen ton

meer as die binnelandse vraag op daardie stadium. Gevolglik was die bedryf in 1982

met ʼn geweldige surplus mielies gekonfronteer. Boonop was die uitvoerpryse in

daardie jaar baie laag en kon Suid-Afrika weens politieke sanksies teen die land nie

geredelik mielies uitvoer nie, ten spyte van ʼn liggingsvoordeel ten opsigte van ʼn hele

aantal van die groot wêreldmarkte. Uitvoere is verder gestrem deur onvoldoende

en onekonomiese verskepingsfasiliteite in Suid-Afrika. In baie gevalle was dit ook

nie moontlik om op grond van laer pryse teen lande soos die VSA mee te ding nie,

omdat laasgenoemde hulle mielies op ʼn gesubsidieerde basis aan potensiële Suid-

Afrikaanse markte verkoop het.

Mnr Crawford von Abo, wat as Voorsitter die onderhandelings namens die

Mielieraad hanteer het, vertel dat hy nie bereid was om toe te gee dat die

transaksie deur die Misstofvereniging gedoen word nie, omdat hy die voor-

deel daarvan vir die mielieprodusente wou behou. Toe die regering nie wou

toegee nie, het hy gedreig om hulle “in die politiek aan te vat”. Daarna het

’n berig in ’n Sondagkoerant verskyn met die strekking dat die produsente

besig is om met die kommuniste besigheid te doen.

Hierdie gebeure het plaasgevind in die tyd waarin die Suid-Afrikaanse weer-

mag in Angola in ’n oorlog gewikkel was en die Roemeniërs aan die kant van

die vyand teen Suid-Afrika geveg het. Die koerantberig het hulle dus ook

in geweldige verleentheid gebring, maar uiteindelik het die Mielieraad die

groen lig gekry en is die transaksie gefinaliseer.