Previous Page  17 / 75 Next Page
Information
Show Menu
Previous Page 17 / 75 Next Page
Page Background

ႃႉ

HOOFSTUK 1

Met die draai van die eeu, rondom 1900, is die produksie van mielies verder ge-

stimuleer deur die aanvang van mielie-uitvoere. Die eerste rekords van mielie-

uitvoere was van ’n firma King en Seuns wat in 1893 ’n klein hoeveelheid mielies

na die Verenigde Koninkryk (Brittanje) uitgevoer het. In die dekade daarna het dit

toegeneem en die tendens het daarop gedui dat Suid-Afrika moontlik ’n gereelde

mielie-uitvoerland kon word.

Die Natalse produsente, wat meer op akkerbou ingestel was as die produsente in

die binnelandse republieke, het ook met uitvoere geëksperimenteer. In 1907 het ’n

koerant van daardie tyd berig dat die Transvaalse regering tot so ’n mate met die

sukses van die Natalse mielie-uitvoere beïndruk was, dat hulle besluit het om ’n

groot mielieproduserende bedryf in die Transvaal te vestig en ’n spesifieke bedrag

daarvoor bewillig het.

Mielie-uitvoere deur die Transvaal vanaf ongeveer 1908 het gehelp om pryse te

stabiliseer, aangesien die plaaslike aanbod reeds die binnelandse vraag begin oor-

skry het. Dit was egter toe reeds duidelik dat die uitvoer van mielies op ’n meer

wetenskaplike wyse benader moes word. Die regerings van die verskillende ko-

loniale gebiede in Suid-Afrika het gevolglik ’n beroep op handelaars gedoen om

ondersteuning te verleen met die afset van graan, nie net plaaslik nie, maar ook op

oorsese markte. Die hoeveelheid mielies wat in Engeland verbruik is en die verskil-

lende aanwendingsmoontlikhede daarvan in Europa het goeie markgeleenthede

vir Suid-Afrikaanse mielies geskep.

Die regering het ’n aktiewe rol in die uitvoere gespeel deur die logistieke reëlings te

fasiliteer en het selfs spesiale spoor- en skeepsvragtariewe vir uitvoere aangebied.

Afskrifte van weeklikse mieliemarkverslae vanuit Engeland is by spoorwegstasies

beskikbaar gestel en produsente is sterk aangemoedig om meer mielies te plant.

Teen 1910 is mielies vanaf Suid-Afrika reeds na 16 lande uitgevoer, waaronder

Kanada, Australië, Brittanje en Indië.

In 1914 het ene Joseph Burt Davy in sy boek

Maize – Its history, Cultivation, Hand-

ling and Uses

geskryf dat die Suid-Afrikaanse mieliebedryf se aansienlike groei tot

op daardie stadium nie moontlik sou wees as dit nie vir die uitvoermark was nie,

omdat die binnelandse verbruik nie die produksie sou kon opneem nie.

Vanaf 1918 tot 1939 was Suid-Afrika hoofsaaklik ’n netto uitvoerder van mielies.

Gedurende daardie tydperk is mielies slegs een keer ingevoer, naamlik 272 ton

gedurende die 1933/1934-seisoen. Mielie-uitvoere was in die 1920’s deurlopend

redelik winsgewend, maar in die 1930’s het dit skerp gewissel.

GRAANPRODUKSIE WAS AANVANKLIK HOOFSAAKLIK

TOEGESPITS OP GROND WAT OP EEN OF ANDER WYSE

BESPROEI KON WORD. PRODUSENTE HET MET OSSE

GEPLOEG EN MET DIE HAND GEPLANT EN GEOES.

SKOTTELPLOEË IS AS MEER MODERNE IMPLEMENTE

BESKOU. NOGTANS HET PRODUKSIE ALGAANDE

TOEGENEEM EN NAMATE LANDBOU GEGROEI HET,

IS PETROL- EN PARAFFIENAANGEDREWE TREKKERS,

SOWEL AS GEMEGANISEERDE PLANTERS INGEVOER.

BENEWENS DIE FEIT DAT DIE PLANTERS AANSIENLIKE

GROTER OPPERVLAKTES IN DIESELFDE TYD KON PLANT,

HET DIT DIE VOORDEEL INGEHOU VAN MEER EGALIGE

VERSPREIDING VAN SAAD EN GEVOLGLIKE MEER

OPTIMALE GEBRUIK DAARVAN.