SA Graan September 2014 - page 60

September 2014
58
–watmoet jy doen?
B
laarmyner is sedert 2000 teenwoordig op koring wat in
die Noord-Kaap onder besproeiing geproduseer word. Die
vraag is, waar kom die insek vandaan enwat is die rede vir
hul teenwoordigheid in koring engars?
Die antwoord op die eerste vraag is maklik. Die blaarmynervliegie
is ‘n inheemse insek. Dit is in 1959 vir die eerste keer met ‘n net
versamel uit grasse langs die Gydopas naby Ceres. Daarna is nog
voorbeelde versamel naby Giant’s Castle in KwaZulu-Natal en ook
buiteMaseru in Lesotho.
In 1992 het daar baie blaarmyners op ‘n paar spilpunte net buite
Bergville voorgekom. Die infestasies het vir ongeveer drie jaar
voorgekom en het daarna verdwyn. Gemynde blare kan steeds in
dié area op koring gesien word, maar dit neem nie plaagafmetings
aan nie en aangesien dit ‘n inheemse insek is, behoort dit onder
biologiesebeheer tewees.
Sedert 2006 kom dit ook op gars in die Noord-Kaap voor. Dit het
aanvanklik as ‘n plaag tussen Prieska en Douglas posgevat en het
sedertdien versprei na die meeste aanplantings al langs die rivier
of tot by Bloemhof. Sporadiese voorkoms is ook tydens 2013 by
Frankfort enWardenonder nat omstandighede aangeteken. Verlede
jaar is dit algemeen aangeteken op spilpunte in die Noordwes-
Vrystaat (Bultfontein, Hoopstad, Theunissen, Wesselsbron en
Viljoenskroon). Die jongste berigte is dat blaarmyner in die Brits-
omgewing sy opwagting gemaak het, maar dit kon nog nie bevestig
wordnie.
Die tweede deel van die vraag ismoeiliker om te antwoord. Hierdie
vliegie is ‘n grasmyner en sal nie breëblaarplante myn nie. Aar-
tappels en ander gewasse het wel ook blaarmyners, maar dit is
nie dieselfde spesie nie en hulle biologie en gedrag verskil. Die
koringblaarmyneroorleefookopandergrasse,sooskanariesaadgras,
reddingsgras, wilde hawer, raaigras en bloubuffelsgras. Die
oorspronklike natuurlike gashere van die blaarmyner is egter nie
bekendnie.
Meeste van die produsente is bekend met hierdie insek. Die
volwassene is ‘n swart vliegie (
Foto 1
) van ongeveer 2 mm groot.
FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
GODDYPRINSLOO,
LNR-Kleingraaninstituut
1: Volwasseblaarmynervliegie.
2:Gemyndeblaarmet larwes binne-inblaar sigbaar.
Figuur1:Verspreidingvanblaarmynervliegies indieVaalharts-gebiedgedurende
2012. Die kleuredui opdie verskillendehoeveelhede vliegieswat versamel is.
Figuur 2: Verspreiding van blaarmynervliegies in die Vaalharts-gebied
gedurende 2013. Die kleuredui opdie verskillendehoeveelhede vliegies
wat versamel is.
1
2
1...,50,51,52,53,54,55,56,57,58,59 61,62,63,64,65,66,67,68,69,70,...148
Powered by FlippingBook