FOKUS
Geïntegreerdeplaagbeheer
Spesiale
September 2014
46
Ken jou
(vriendelike)
vyand!
D
ie konsep “biologiese beheer” vind al hoe meer aanklank
by produsente; gegewe faktore soos weerstand by sekere
plae teen chemiese middels, omgewingsbesoedeling, gif-
residue op produkte, stygende koste van insekdoders
asookdieonttrekkingvansekere insekdodersvanuitdie landbouche-
miesebedryf.
Biologiese beheermetodes kan help om hierdie probleme aan te
spreek en is veral binne ‘n geïntegreerde beheerprogram vanwaarde
waar dit diegebruikvan tradisionelechemiesemetodesondersteun.
Dit is belangrik om daarop te let dat die doel van biologiese beheer,
nie soos in die geval van chemiese beheer, die uitwissing van die
plaagpopulasie isnie,maarwel omdiepopulasieonderdieskadelike
drempelwaarde te hou. Daar word dus gestreef na ‘n balans tussen
dieplaagensynatuurlikemortaliteitsfaktore in ‘ngegeweomgewing.
Biologiese beheermetodes sluit ‘n hele verskeidenheid opsies in,
waaronder feromone, afweer- en antivoedingsmiddels, natuurlike
vyande asook biologiese “toksiene” ressorteer. Onder natuurlike
vyande word algemeen verwys na die drie P’s, naamlik patogene,
predatore enparasitoïede.
Hierdie artikel is die eerste in ‘n reeks van drie waar elk van dié
drie vyandtipes inmeer detail bespreek sal word.
Patogene
Insekte, net soosdiemens,wordookdeur verskeie siektesgeteister.
Die organisme (mikrobe) wat die siektetoestand by die insek
veroorsaak, staan bekend as ‘n insekpatogeen. Hierdie patogene
sluit swamme, bakterieë, virusse, protosoa ennematodes in.
Laasgenoemde is ‘n baie unieke groep patogene en word in ‘n
afsonderlike artikel in hierdie uitgawe behandel (sien
Nematodes
harnessed forbiologicalpestmanagement
opbladsy56).Diegebruik
van patogene kan binne die raamwerk van produkgebaseerde en/of
bewaringsbiologiese beheer plaasvind. Vervolgens, ‘n kort oorsig
van elk:
Produkgebaseerd
Tradisioneelword insekdoders indievormvan ‘n (chemiese) produk,
hetsy as vloeistof-, korrel-, of poeierformulering toegedien. Die ont-
wikkeling van biologiese produkte vir gebruik teen insekplae het die
afgelope paar jaar geweldige vooruitgang getoon, veral ten opsigte
vanmikrobiese insekdoders.
Die mees omvattende publikasie in hierdie verband is
The manual
of biocontrol agents
wat nou ook aanlyn beskikbaar is (sien
www.
bcpcdata.com
). Plaaslike produsente word deesdae al hoe meer
gekonfronteerdeurverteenwoordigersvanmaatskappyewatdaarop
aanspraak maak dat ‘n nuwe biologiese of organiese insekdoder
nouopdieSuid-Afrikaansemark beskikbaar is.
Alhoewel baie van hierdie produkte een of ander organiese serti-
fisering dra, moet produsente daarop let dat alle insekdoders, hetsy
chemies of biologies, onderWet Nr. 36 van 1947 geregistreer moet
wees alvorens verkopedaarvanwettig is.
Registrasieonder hierdiewet behelsdat ‘nunieke L-nommer aandie
produk toegekenword. Produsente kan daarop aandring dat hierdie
L-nommer aanhulleuitgewysword. Aangesieneffektiwiteitsproewe
asdeel vandie registrasieuitgevoermoetword, bied registrasie aan
die kliënt ‘nmate van sekuriteit dat diemiddel/produkwel werk.
Produsente kan gerus ‘n kopie van
A guide for the control of plant
pests
by die Departement van Landbou aankoop (Direktoraat Kom-
munikasie, Privaat sakX144, Pretoria, 0001),waarinallegeregistreer-
de insekbeheermiddels verskyn.
‘n Verkorte weergawe is ook op die internet beskikbaar by:
Insecticides.htm
.
JUSTINHATTING,
LNR-Kleingraaninstituut
Figuur 1: ‘nSkematiese voorstelling vandie swam
Beauveriabassiana
.
MSRakotonirainy, CRCC,
Figuur 2: Die infeksiesiklus van ‘n swamop ‘nplantluis.