SA Grain October 2013 - page 68

Oktober 2013
66
Fokus op lewende hawe
Aldus Johan Mouton (2007) is hierdie nie ‘n nuttelose oefening nie, want
weiding is ook gewasse wat verbou word met sekere akkerboukundige
vereistes. Die bemestingsvereistes asook die drakrag van die weidings
kan met behulp van hierdie kaarte bepaal word.
Hulpbronaanwending
Die as waarom ‘n veeboerdery draai, is voervoorsiening. Dit is dus kritiek
belangrik om vir die veevertakking ‘n voervloei saam te stel.
Begin deur die maandelikse droëmateriaalbehoefte van die vee te bepaal.
Dit sal afhang van die grootte van die kudde, die produksiestelsel asook
die reproduktiewe siklus van die vroulike diere (sien
Grafiek 1
).
Sodra die droëmateriaalbehoefte gekwantifiseer is, moet die hoeveelheid
droë materiaal wat maandeliks geproduseer word, bereken word. Onthou
om al die droëmateriaalbronne in te sluit (sien
Grafiek 2
), byvoorbeeld
veldweidings met verskillende drakragte, oesreste, aangeplante weidings
en wintervoerlande.
Waar die droëmateriaalvoorsiening laer is as die droëmateriaalbehoefte,
kan dit aangevul word uit voerbronne wat tydens die produksieseisoen ‘n
oorproduksie van droë materiaal toon, byvoorbeeld: Rus gedeeltes van
die weidings tydens die somer om gedurende die winter te benut, of baal
en stoor van die weidings.
Voerbank
Veeboerdery is nes saaiboerdery van reën afhanklik. Indien die reën
wegbly, sal daar ‘n voerskaarste ontstaan. Daar is net een sekerheid in
boerdery en dit is dat die droogte gaan kom, as dit nie hierdie jaar is nie,
gaan dit volgende jaar wees.
Die beplanning en opbou van ‘n groot genoeg voerbank is dus nood-
saaklik. Die kleinste voerbank waarmee begin moet word, is genoeg voer
om die diere vir ‘n maand lank te kan onderhou, maar die uiteindelike
oogmerk moet wees om genoeg voer vir vier maande te berg.
‘n Voerbank is in die verlede beskou as hooi wat in store of miedens
geberg word. ‘n Mens sien kwalik nog voerbanke van die omvang van die
sestigerjare. Daar is egter ook ander maniere om reserwevoer te berg,
soos om veld te spaar. Die spaarveld kan dan met die aanvang van die
somer benut word. Indien die reën laat kom, is daar tot die nuwe gras
groei, voer beskikbaar vir die diere. Uit ervaring wil dit voorkom asof
dit voldoende is om ongeveer ‘n derde van die beskikbare weiding as
voerbank te laat rus.
Produksiestelsel
Daar moet reeds voor die oorskakeling besluit word op die tipe pro-
duksiestelsel wat gevolg gaan word. Die produksiestelsel bepaal die getal
diere wat aangehou kan word asook die inkomste en uitgaweprofiel van
die veeboerdery.
Met enige stelsel waar koeie aangehou word, word die teeldiere slegs
een keer op groot skaal aangeskaf. Indien speenkalwers verkoop word,
gaan die diere ná ongeveer een jaar begin inkomste lewer. Met tollie- en
osstelsels neem dit twee tot drie jaar. Die bemarking van tollies en osse
bring meer plooibaarheid in die stelsel in. Met droogtes kan jonger diere
ook verkoop word en daar hoef meestal geen of min teeldiere verkoop
te word nie.
Inkoopstelsels is ook produksie-opsies. Kalwers kan gedurende Junie/
Julie ingekoop word en weer in Februarie verkoop word. Met hierdie
stelsels is dit baie belangrik om konstant op hoogte van die kalf- en
vleispryse te bly.
Omdat kalwers vier tot ses maande later verkoop word, moet prysvooruit-
skattings ook gedoen word. Hierdie stelsels het die voordeel dat daar
slegs gedurende sekere tye van die jaar diere op die plaas is, terwyl daar
ander tye geen diere is nie.
Kuddebestuur
Kuddebestuur moet daarop gemik wees om die reproduksie van die diere
so hoog as moontlik te kry en te hou.
Maak seker watter weiding in die omgewing aard en goed doen. Bestuur
die weidings ná vestiging behoorlik (bemes en beheer onkruid). Hierdie
aksies verhoog die weiding se produksie en verseker dat die weiding lank
oorleef sonder dat dit nodig is om dit weer te vestig; gewilde weidings is
Smutsvinger, ouland- en bloubuffelsgras.
Met koeistelsels moet vooraf besluit word op ‘n dekseisoen, want dit
bepaal die kalfseisoen asook die bemarkingstyd. Dit moet net in gedagte
gehou word dat die meeste veeprodusente met goeie rede hulle diere in
die lente laat kalf.
Afhangende van die produksiestelsel wat gevolg word, moet ‘n deeglike
kuddegesondheidsprogram ook deel uitmaak van ‘n veeprodusent
se aktiwiteite. Siektes is naas voeding seker die grootste oorsaak van
verlaagde reproduksie. Maak seker vir watter siektes geënt moet word
en op watter tydstip van die jaar dit moet gebeur. Die plaaslike veearts
weet dit die beste.
Wat om alles te oorweeg by die oorskakeling van saai na vee
Vervolg van bladsy 65
Grafiek 1: Die maandelikse variasie in terme van droëmateriaalbehoefte, getal diere en GVE vir ‘n 300 koeikudde.
SA Graan/Sasol Nitro
fotokompetisie
1...,58,59,60,61,62,63,64,65,66,67 69,70,71,72,73,74,75,76,77,78,...116
Powered by FlippingBook