SA Graan November 2013 - page 88

November 2013
86
Oliesade-oorsig
Markte
Hoë volatiliteit as gevolg
van makro-faktore
– 14 Oktober 2013
Gewas
11 Oktober 2013 11 September 2013 11 Oktober 2012
Jaarlikse
Maandelikse
R/ton
% verandering
% verandering
Sonneblom
5 300
5 040
5 845
-9
5
Afgeleide sonneblom
5 416
5 382
5 808
-7
1
Sojaboon
5 670
5 820
5 470
4
-3
Afgeleide sojaboon
6 463
6 304
6 215
4
3
Soill kanola
4 475
4 525
4 550
-2
-1
TABEL 1: PLAASLIKE OLIESAADPRYSE.
Bron: Safex en Graan SA
DR DIRK STRYDOM, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
Daar is tans baie makro-faktore, soos weer asook ekonomies en polities
onstabiele omstandighede, wat volatiliteit en risiko veroorsaak binne die
oliesademark. Die toestande en faktore is nie net internasionaalgedrewe
nie, maar wel ook plaaslik.
Makro-faktore
Een van die grootste faktore wat ‘n groot impak het op onsekerhede en
skommelinge, is die politiese en ekonomiese omstandighede in die VSA.
Politici kon nie tot ‘n vergelyk kom in terme van die land se begroting nie.
Dit het veroorsaak dat die regering gesluit is totdat ‘n oplossing
gevind word. Ook is die USDA gesluit en is verslae soos die weeklikse
vorderingsverslae en die maandelikse wêreld vraag en aanbod-verslae
nie vrygestel nie.
Hierdie tekort aan verslae beteken dat die mark noodgedwonge moet
staatmaak op verslae van handelaars en dit het baie onsekerhede geskep.
Die USDA doen ook al die inspeksies op uitvoere en invoere by die VSA
en dit het tot gevolg gehad dat verhandeling nie plaasgevind het soos dit
aanvanklik voorspel is nie.
Die ekonomiese omstandighede vir die wêreld lyk nie baie goed volgens
die IMF nie. Die VSA se skuldlas-verhouding word buitensporig hoog wat
beteken dat dit al hoe moeiliker raak om skuld terug te betaal.
Europa bly in ‘n resessie en die verwagting is dat die resessie in 2014
gaan voortduur. Die situasie is so erg dat die verwagte ekonomiese
groei onder 1% is vir Europa. Al die ekonomiese faktore beteken dat
daar groot wisselkoersrisiko gaan voorkom, wat tot gevolg het dat die
kommoditeitspryse wisselvallig gaan wees.
VSA-weer het landbou-ekonome die hele seisoen nog aan die raai gehad
oor wat met oliesaadpryse kan gebeur. Aan die begin van die plantseisoen
was dit relatief droog en het die mielies sowel as die sojabone, baie
swaar gekry.
Die reën wat egter wel later gekom het, word as te laat deur die
verhandelaars gereken. In middel-Oktober het dit aan die lig gekom dat
die opbrengste wel belowend lyk vir beide mielies en sojabone, maar reën
vertraag die oesomstandighede. Dus is die vraag: Gaan die Amerikaners
hul relatiewe groot oeste betyds kan afhaal voor die koue begin?
As hul dit betyds afhaal kan dit groot druk op pryse plaas en as hulle sukkel
beteken dit dat pryse sywaarts kan beweeg met moontlike stygings.
In Suid-Amerika wil dit voorkom asof die aanplantings relatief groot
gaan wees – wat druk in die lang termyn op oliesaadpryse kan plaas. ‘n
Groot bydrae tot die hoë Suid-Amerikaanse aanplantings is die mielie/
soja-prysverhouding wat ten gunste van sojabone was die afgelope paar
maande (
Grafiek 1
).
Die groot verwagte aanplantings van 2 miljoen hektaar meer as die
vorige seisoen (54,2 miljoen hektaar in totaal), word wel gehinder deur
droogtetoestande. Teen middel-Oktober was dit steeds baie droog in die
grootste gedeeltes van die sentrale en noordelike dele van Argentinië.
Die vernaamste produksieareas van Brasilië, genaamd Mato Grosso, is
steeds droog en moet dus reën kry voor die einde van Oktober.
Vervolg op bladsy 89
1...,78,79,80,81,82,83,84,85,86,87 89,90,91,92,93,94,95,96,97,98,...100
Powered by FlippingBook