SA Graan November 2013 - page 91

89
November 2013
Daar is wel goeie voorspellings en verwagtinge
van ‘n paar los reënbuie teen einde Oktober. Die
weersomstandighede in Suid-Amerika gaan
dus ‘n beduidende rol speel in die volgende
paar maande en sal noukeurig dopgehou
moet word.
Wat sonneblomsaad betref, sukkel Europa tans
ook om te oes. Geweldige nat omstandighede
in die Oosblok-omgewing bemoeilik die
oesproses. Die wêreld het ‘n rekordaanplanting
van sonneblomsaad gehad vir die huidige
seisoen.
Die probleem is dat slegs 1,88 miljoen (26%)
van die area geoes is teen 10 Oktober, die vorige
jaar was daar teen dieselfde tydstip reeds
4,36 miljoen hektaar geoes. In die Oekraïene
het die oes goed gevorder, maar dit is steeds
stadiger as die vorige jaar. Daar is slegs 66%
van die area geoes teen 10 Oktober teenoor die
88% van die vorige seisoen.
Plaaslike omstandighede
Plaaslik is dit baie droog en die verkryging van
krediet is moeiliker as vorige jare. Dit is grootliks
weens die laer oeste in die westelike gedeeltes
van die land vir die 2012/2013-seisoen.
Tesame met die droogtes, was daar ook relatief
groot versekeringseise wat ‘n groot impak op
kredietaansoeke vir die nuwe seisoen het.
Tot en met middel-Oktober het die grootste
plantareas nog nie reën ontvang nie, wat
onsekerhede veroorsaak wat betref nuwe
aanplantings.
Die pryse van oliesade in Suid-Afrika is tans
relatief gunstig en die verwagting is dat baie
sonneblom aangeplant gaan word (
Tabel 1
).
Die prysverhouding van oliesade relatief tot
mielies, is ook gunstig in Suid-Afrika.
‘n Interessante beweging is die premie wat
gevestig is vir sojabone bo sonneblom
(
Grafiek 2
en
Grafiek 3
) – dit kan tot gevolg
hê dat produsente moontlik meer sojabone
kan aanplant. Die pryspremie is hoofsaaklik
as gevolg van die groter vraag wat geskep
is in Suid-Afrika met die uitbreiding van die
perskapasiteit.
Opsommend kan gesien word dat daar steeds
baie onsekerhede in die mark is, nie net mikro-
faktore nie, maar wel ook makro-faktore. Die
ekonomiese, politiese en weersomstandighede
is onstabiel en skep baie volatiliteit en risiko’s.
Die oliesaadpryse is gunstig, maar daar is
risiko’s van moontlik ‘n R200/ton tot R300/ton
daling. Dit is dus baie belangrik dat produsente
hulself beskerm teen dié dalings, maar ook
grasie gee om deel te neem aan stygende
tendense weens die onsekerhede.
Grafiek 1: Mielie/sojaboon-prysverhouding in die VSA.
Bron: CME
Grafiek 2: Suid-Afrikaanse sonneblom- en sojaboonpryse.
Bron: Safex
Grafiek 3: Suid-Afrikaanse sonneblom- en sojaboonprysverhoudings relatief tot geelmielies.
Bron: Safex
Oliesade-oorsig
Markte
Hoë volatiliteit as gevolg van makro-faktore
Vervolg van bladsy 86
1...,81,82,83,84,85,86,87,88,89,90 92,93,94,95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook