SA Graan November 2013 - page 97

pot aangeplant word en as versiering kan die pot met ‘n visornament
afgerond word.
Verder kan al die beesvleiskruie saam in die tuin aangeplant word en
so ook kruie vir skaap-, vark-, hoendervleis en dies meer. Daar is niks
lekkerder as om met vars kruie kos te maak nie.
Plant
Laurus nobilis
(lourierbos) naby genoeg om ‘n voorraad van vars
sosatiestokke te verseker aangesien die lote van dié groot struik redelik
reguit groei en veral beesvleis goed geur as dit so vars oor die kole
gebruik word.
As muskiete ‘n pes raak wanneer daar buite gekuier word, kan ‘n
Mentha
-
grondbedekker in die nabygeleë area aangeplant word. Deur die blare
oor jou vel te vryf, stel dit ‘n heerlike mintreuk vry soos die blare kneus
– ‘n reuk wat meeste insekte sal afskrik.
Om ‘n braaiarea kan ander nuttige plante ook aangebring word – veral
plante met gegeurde blomme kan in die aande die atmosfeer vul met soet
aromas. Plant sulke plante aan in die rigting waaruit die wind gewoonlik
waai. Sodoende kan ‘n mens verseker wees dat die geure nie weg van jou
af gewaai gaan word nie.
As daar veral in die aande gebraai word, sal plante met wit blomme
meer sigbaar wees in die dowwe lig. Tuinbeligting skep ‘n lekker
atmosfeer, maar soms, as die braaiarea ver vanaf die woning is, kan die
beskikbaarheid van elektrisiteit in so ‘n area problematies wees.
Sonherlaaibare tuinligte benodig geen draadwerk nie en tydens die dag
sal die son se energie die batterye laai. Dit is beter om nie hier goedkoop
te koop nie aangesien daar aansienlik baie swak kwaliteit items op die
mark is wat die beter produkte ‘n slegte naam gee.
Kerslig is ook ‘n ander alternatief om beligting te voorsien. Dowwer lig
werk veral goed om atmosfeer te skep sowel as om effe rouer vleis se
voorkoms te verbloem...‘n Buitekombuis kan selfs spog met vloeiende
water en genoegsame bêreplek vir braaigereedskap.
“Afrikaners is plesierig...Dit kan julle glo. Hulle hou van partytjies en dan
maak hulle so!”
95
November 2013
Vir navrae, skakel David Viljoen van Mercury Designs by 011 894 2430 of
082 468 3142, of stuur vir hom ‘n e-pos na:
.
Belê in ‘n lekker kuierplek en spandeer kosbare oomblikke saam met die mense na aan jou.
1...,87,88,89,90,91,92,93,94,95,96 98,99,100
Powered by FlippingBook