SA Graan November 2013 - page 94

Porsche Panamera Diesel
onder ‘n miljoen
P
orsche se Panamera is Porsche se weergawe van ‘n luukse
viersitplekpassasiersmotor. Sy enjin is voor gemonteer en hy
is agterwiel-aangedrewe. Die eerste Panamera is reeds in 2009
vrygestel. Audi se 3 liter V6-dieselenjin is vanaf 2011 ingespan om ook ‘n
dieselweergawe vir die Panamera te bied. Dit is dieselfde dieselenjin wat
ook in die Porsche Cayenne gebruik word.
‘n Nuwe reeks Panamera’s wat oor die hele reeks meer krag bied, maar
ook terselfdertyd meer brandstofekonomies is, is in September vanjaar
in Suid-Afrika geloods. Die nuwe Panamera Diesel kos R950 000, terwyl
die permanente vierwiel-aangedrewe Panamera Turbo met sy 4,8 liter
V8-petrolenjin en ‘n prysetiket van R1 996 000, die duurste weergawe in
die reeks is.
Vir net onder ‘n miljoen kry die Panamera Diesel-eienaar dus een van die
wêreld se besgeboude motors en is ‘n goeie alternatief vir die BMW 7, die
Audi A8 en die Mercedes-Benz S-Klas se dieselmodelle.
Die nuwe 2013 Panamera Diesel is toegerus met die Porsche agt-
spoed outomatiese tiptronic ratkas, wat met die druk van ‘n knoppie
ook na handrat verander kan word. Die nuwe Panamera’s het ook beter
bande oor die ligter 18 duim-vellings en is toegerus met Porsche se
stabiliteitbestuursmeganisme, wat heeltyd verseker dat die voertuig se
padstabiliteit optimaal beheer word. Dit is regtig moeilik om beheer oor
‘n Panamera te verloor.
Die Panamera Diesel se enjin is gebaseer op die Audi V6 3 liter dieselenjin.
Porsche se manne laat hom egter ‘n kraglewering van 186 kW tussen
3 800 en 4 400 omwentelinge opwek met ‘n gepaardgaande wringkrag
van 550 Nm tussen 1 750 en 2 750 omwentelinge. Sy topsnelheid is
244 km/uur en sy gemiddelde amptelike brandstofverbruik op ‘n meer
beskaafde snelheid, is slegs 6,3 liter per 100 km.
Op die oop pad is die diesel Panamera doodstil en geen turbotraagheid
word bespeur nie. Versnelling is onmiddellik en aggressief. Teen ‘n
snelheid van 200 km/uur is sy padklouvermoë sekuur en onder beheer
asof dit slegs teen 60 km/uur ry.
Die Panamera-benaming kom van die “Carrera Panamericana” 3 373
kilometer wedren, wat jaarliks in Mexiko plaasvind en net soos die motors
wat aan hierdie wedren deelneem, sien die Panamera Diesel vir enige
langpad, hetsy op grond of op teer, kans.
Wiele vir die plaas
GERRIE SMIT, LID VAN DIE
SA MOTORSKRYWERSGILDE
Moenie hierdie Porsche passasierswa
onderskat nie. Die Panamera Diesel
sien selfs vir goeie grondpaaie kans.
November 2013
92
Rubrieke
1...,84,85,86,87,88,89,90,91,92,93 95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook