SA Graan November 2013 - page 93

Graanverhandeling
Markte
SAREL SNYMAN, GRAAN UNIVERSITEIT
Hier is nou ‘n goeie geleentheid wat ‘n produsent kan benut om die
mielieprys vir hom te laat werk. Die Graan Universiteit bied ‘n uitstekende
aanlyn graanverhandelingskursus aan waarmee ‘n produsent aansienlik
meer waarde tot sy oes kan voeg.
Aspekte soos die sielkunde van verhandeling en die bepaling van
grafiekpatrone, word in diepte behandel en dit in jou eie taal! Dié kennis
is elders slegs in Engels beskikbaar en kan jou derduisende dollars uit
die sak jaag.
Die Graan Universiteit is onafhanklik van enige makelaarsfirma en maak
dit moontlik om hierdie kursus in die gerief van jou plaashuis en in jou taal
te deurloop; op jou rekenaar, skootrekenaar of tablet. Terselfdertyd word
‘n interaktiewe, gemoedelike omgewing geskep waarin jy sal voel of jy
tussen jou vriende in ‘n klaskamer sit.
Jy kan deur middel van jou mikrofoon vrae vra of deur die geselsprogram
jou vrae intik wat dan deur die dosent beantwoord sal word. Die kursus
strek oor sowat 12 weke met twee tot drie eenuur-sessies per week.
As jy nie die aanlyn-kontaksessie kan bywoon nie, kan jy later ‘n opname
daarvan aflaai.
‘n Produsent hoef ook glad nie ongemaklik oor die tegnologiese
uitdaging van ‘n aanlynkursus te voel nie. Al wat nodig is, is ‘n stabiele
internetverbinding met 1 gigagreep data per maand. Verder word jy stap
vir stap deur die verwelkomings-e-pos, installering en registrasieproses
geneem en presies gewys hoe jy die kontaksessies moet “bywoon”.
Ná afloop van die kursus, sal jy bemagtig wees om onder meer die
volgende te doen:
Na ‘n grafiek van mielies te kan kyk en die inligting daarop op ‘n
sinvolle manier te kan vertolk en verwerk ten einde ‘n ingeligte besluit
rondom prysbepaling of verskansing te doen
‘n Metode te kan ontwikkel om jou spesifieke risikoprofiel te bepaal
Self te kan bepaal of die markprys gunstig is vir verskansing of
verhandeling
Jy sal in oorleg met jou finansieringshuis of koöperasie jou
prysbepaling kan doen
Indien jy ‘n groter risiko-toleransie het, sal jy spekulatiewe besluite
op grond van beter inligting kan neem
Die kursus kos R14 820 BTW ingesluit.
Kyk daarom so daarna: As jy jou 1 000 ton mielies verskans het en ‘n 1%-
fout gemaak het teen die huidige prys van R2 300 per ton, beteken dit ‘n
fout van R23 000 op jou verskansing! Die R14 820 wat jy vir die kursus
betaal, is dus nie hoegenaamd duur vergeleke met die geld wat jy kan
bespaar nie. Belê dus nou in jou opbrengs!
Sodoende hoef ‘n produsent nie meer die agent wat sy vooruitkontrak
aan hom bemark, se prys goedsmoeds te aanvaar as gunstig nie.
Jy kan rustig slaap in die wete dat jy self ‘n ingeligte besluit geneem het
en daarom is dit makliker om die uitkoms te aanvaar.
Die Graan Universiteit wil graag hulle uitgebreide studie van die mark
en jarelange ondervinding met produsente deel sodat hulle ingeligte
besluite kan neem om die slaggate te vermy. Die kursus is geskik vir
beginners asook gesoute verhandelaars.
Oorweeg dit vandag om in jouself en die volhoubaarheid van jou boerdery
te belê! Die sluitingsdatum vir die volgende kursus is 3 Januarie 2014.
Skryf nou in om jou “virtuele sitplek” te verseker.
Neem beheer
oor jou mielieprys
Produk-inligting
1...,83,84,85,86,87,88,89,90,91,92 94,95,96,97,98,99,100
Powered by FlippingBook