SA Graan November 2013 - page 96

“B
raaivleis, rugby, sonskyn…En een of ander motorkar” – is ‘n
advertensie se wysie wat van kleintyd af al in my kop vassteek.
Tog is dít die leefstyl van soveel Suid-Afrikaners en almal weet
dat Afrikaners plesierig is!
Wat is nou lekkerder as om buite ‘n vleisie op die kole te gooi en gesellig te
verkeer met dié mense wat vir jou saak maak? Nuwe televisieprogramme,
soos
The Ultimate Braai Master
wat tans op SABC 3 uitgesaai word,
getuig juis hoe populêr hierdie manier van kosmaak geword het.
As al die sintuie geprikkel word in ‘n buitelugkombuis, vra dit darem maar
net vir ‘n behoorlike kuier! Die warmte en klank van die knetterende vuur
asook die hipnotiserende effek daarvan, skep ‘n lekker atmosfeer waarin
die geure en smake van die disse geniet kan word. ‘n Verdere voordeel van
só ‘n buitelugkuier is dat dit dan juis die manne se beurt is om die kos voor
te berei en die vroue kan ‘n bietjie agteroorsit (of so word daar geglo).
Ongelukkig word die arme braaier dikwels afgeskeep, veral as die
ingeboude braai ‘n afstand van die sit-en-klets-area af weg is. Hier staan
gewoonlik ‘n man wat in die sweet van sy aangesig (in die warm son en
voor die warm vuur) vir sy gaste kos moet voorberei. Geen wonder die
braaier word so dors nie!
Met die skep van ‘n buite-kuierarea, posisioneer die braai só dat dit naby
genoeg is aan die kombuis en ook die gaste. ‘n Tipe afdak of dakstruktuur
sal die regte atmosfeer skep om met genot kos te maak. Mans hou
dikwels van so ‘n buite-area en versier dit heel dikwels met ‘n bokkop
of twee, om nie van die voorraad gebottelde vogtigheid vir die dors te
vergeet nie, want braai is mos (kamstig) groot werk!
Selfs in die argitektuur van stedelike wooneenhede het die bou van
bomas baie in gewildheid gegroei. Met die term “boma” word verwys
na ‘n vuurpit wat omring word deur permanente sitareas en opsionele
beskermmure.
Veral in klein tuine is dit moeilik om genoegsame plek te vind vir so ‘n
struktuur aangesien ‘n redelike afstand beskikbaar moet wees tussen die
vuur en die sitbankies (veral as daar ‘n behoorlike groot vuur gemaak wil
word). Ek verkies natuurlik sitbankies met ‘n rugleuning vir meer gemak.
Ek weet dat vele vroue die buite-kuierareas aan die mans oorlaat om te
versier, maar onthou dat die braaiarea nie ‘n stowwerige plek hoef te
wees wat alles huisves wat nie staanplek binne die huis kry nie! Wees
selektief in bykomstighede en forseer jouself ten minste een keer ‘n jaar
om opgegaarde items te verminder.
Dit verbaas my altyd hoeveel items in tuiskroeë gevind kan word – en
hier praat ek nie eers van al die drinkgoed wat nooit eers oopgemaak
word nie!
Daar is ook ‘n rits van verskillende soorte kruie wat om ‘n braaiarea
aangeplant kan word om vars geurmiddels aan die disse te voorsien. ‘n
Goeie wenk is om nie alle kruie rond en bond aan te plant nie, maar om
die plante eerder in hul gebruiksgroepe saam te groepeer.
Onthou dat kruie baie sonlig benodig om te floreer en selfs goed sal aard
in potte. Op só ‘n wyse kan alle kruie vir ‘n visbraai saam in ‘n groot
Rubrieke
November 2013
94
Tuinmaak met David
David Viljoen
Dit vra vir ‘n
behoorlike kuier
1...,86,87,88,89,90,91,92,93,94,95 97,98,99,100
Powered by FlippingBook