SA Graan November 2013 - page 30

Graanprodusente van die Jaar
Graan SA
November 2013
28
‘n Voorreg om
produsente te help
RUTH SCHULTZ, SA GRAAN/GRAIN MEDEWERKER
“Vanjaar se toekenning vir die Landboukundige van die Jaar is
nie slegs gemaak vir die wenner se kundige landboukennis nie,
maar meer belangrik vir die waarde wat hierdie landboukundige
toevoeg tot die welvaart en volhoubaarheid van produsente in
die Noordwes-Vrystaat,” het Andries Theron (visevoorsitter:
Graan SA) gesê kort voordat hy Kobus van Zyl aangekondig het as
Landboukundige van die Jaar.
Nadat Kobus sy BScAgric-honneursgraad aan die Universiteit
van die Vrystaat verwerf het, het hy as junior landbounavorser by
die Landbounavorsingsraad se Kleingraaninstituut op Bethlehem
gaan werk. Hier was hy verantwoordelik vir grondsuurheid-
en mikro-elementprojekte sowel as die algemene bestuur op
koring. Hy het ook die geleentheid gehad om sy vier jaar van
veldnavorsing te gebruik om ‘n MScAgric-graad te voltooi met die
titel: “Grondversuring en bekalking van Oos-Vrystaatse gronde
onder droëlandkoring”.
As ‘n landbounavorser het Kobus referate by verskeie nasionale en
internasionale konferensies gelewer en het ook ‘n aantal referate
geskryf vir populêre en akademiese vaktydskrifte.
In 2003 het Kobus by die Omnia Kunsmis-span aangesluit as ‘n
landboukundige in die Bothaville- en Viljoenskroon-area. Hierdie
rigtingverandering was ‘n uitstekende uitdaging vir Kobus om
meer te leer oor nuwe gewasse en om produsente te adviseer oor
bemesting, wisselbou en ander verwante sake. Hy is steeds as
landboukundige werksaam in dié area en gee opleiding en advies
aan Omnia landboukundiges.
“Hierdie toekenning ontvang ek nie uit eie krag nie. Om produsente
te kan help wat elke dag in die natuur besig is, is ‘n voorreg en in
hierdie opsig het ons God se hulp nodig,” het hy gesê.
Kobus sê dat baie uitdagings elke dag oor ‘n produsent se pad kom,
“maar moet nooit vergeet dat ‘n boer altyd ‘n plan maak nie”.
THESCIENCEOFGROWINGsWETENSKAPVIRGROEI
Kontak ons 011 709 8778 / 011 709 8916 of jou
plaaslike Omnia landboukundige
Reg No: 2006/013996/07
Omnia Kunsmis, Posbus 69888, Bryanston, 2021
Veels geluk aan die Rhys Evans Groep,
wenner van die Graan SA/Syngenta
Graanprodusent van die Jaar 2013.
Vir Kobus van Zyl (links) is dit belangrik om sy kennis met produsente te
deel en eerlike en opregte advies te gee, wat gegrond is op plaaslike en
internasionale navorsing. Andries Theron het die Landboukundige van
die Jaar-toekenning aan Kobus oorhandig.
1...,20,21,22,23,24,25,26,27,28,29 31,32,33,34,35,36,37,38,39,40,...100
Powered by FlippingBook