SA Graan November 2013 - page 23

Personnel
Grain SA
Welcome
to the team
CORETHA USHER, HR OFFICER, GRAIN SA
Michelle Brits was appointed as creditors clerk
at Grain SA. Prior to working for Grain SA, she
worked as a senior creditors clerk for the Protea
CoinGroup.MichelleiscurrentlystudyingBCom
Financial Management through Unisa.
Liana Stroebel was permanently appointed
as development co-ordinator for the Western
Cape at the Paarl office after working as a con-
sultant for Grain SA since August 2012. Liana
has a national diploma in Agricultural Man-
agement as well as a licentiate in International
Livestock Development through the Dronten
Professional Agricultural University in the
Netherlands. She is currently studying for her
masters degree in sustainable agriculture.
Michelle Brits
Liana Stroebel
DIRK KOTZÉ, LEDEBEMARKING- EN KOMMUNIKASIE-
BEAMPTE, GRAAN SA
Die Ermelo-Oos Boerevereniging het ‘n baie
geslaagde boeredag op 4 September vanjaar
by Ermelo Hoërskool aangebied.
Daar is veel meer gebied as net die normale
en dit is saam met die bekendstelling van die
Ermelo Hoërskool (EHS) Landbou Akademie
gehou.
Die fondse vir die daarstelling van die fasiliteite
is bewillig deur die Ermelo Distrikslandbou-unie,
wat aan die produsente van Ermelo behoort.
Die uitsluitlike doel van die akademie is juis om
georganiseerde landbou op een terrein te kan
vestig en dit is dan ook vir die produsent ‘n sen-
trale fasiliteit, aangesien die kantore van onder
meer die MLU, TLU, NWKV en die RPO op die
terrein is.
Verder het die Universiteit van Pretoria ook in
vennootskap gegaan met die EHS Landbou
Akademie en hulle doel is om die leerders
gereed te maak vir universiteit, maar ook om
nuuskierigheid te prikkel ten opsigte van die
landbousektor.
Sprekers tydens die geleentheid het gefokus
op die tema van “Positief vir landbou” en daar
was optredes deur:
Dr Dudley Gradwell, navorsingsveearts
van CEVA – die behandeling van rooiwater
by beeste.
Lume Kleynhans, landbou-ekonoom by
Standard Bank – die mikro- en makro-eko-
nomie binne die Suid-Afrikaanse konteks.
Deon Scheepers, Universiteit van Preto-
ria – leerders wat belangstelling toon in
die landbou is gemotiveer om ‘n liefde te
ontwikkel vir die landbou.
Louw Steytler, voorsitter van Graan SA
– hy motiveer produsente ten opsigte van
die regering en benadruk dat elke individu
se regte beskerm word deur die Grondwet.
Steytler beklemtoon ook die belangrikheid
van betrokkenheid by landbouorganisa-
sies soos Graan SA.
Die landbou-organisasies wat kantore het by die EHS Landbou Akademie: Jacques Jansen van Vuuren
(NWKV), Elize Barnett (NWKV), Danie du Plessis (TLU SA), Retha Gibbon (TLU SA), Bettie Heydenreich
(Mpumalanga Landbou) en Hennie Laas (Mpumalanga Landbou).
Lede-landskap (vervolg)
Positief vir landbou
1...,13,14,15,16,17,18,19,20,21,22 24,25,26,27,28,29,30,31,32,33,...100
Powered by FlippingBook