SA Graan November 2013 - page 21

Matso Mathibe, die plaaslike burgemeester, (middel) het tydens die geleentheid
hierdie optrede as ‘n daadwerklike aksie beskryf waar sy produsente geloof het
vir hul welwillendheid. “Hierdie is mos ‘n bewys dat ons kan saamwerk om
van ons plek, ‘n beter plek te maak,” het Mathibe gesê. Op die foto is Andries
du Plessis (streeksverteenwoordiger van Vrystaat Landbou), Lucas Mkhwane
(munisipale bestuurder), Herman Meiring (Bultfontein) en Hentie Helm (onder-
voorsitter van Hoopstad-Suid Boerevereniging).
Chris Schoonwinkel (hoofbestuurslid van Graan SA), Abraham Barnard
(voorsitter van Hoopstad-Suid Boerevereniging), Petru Fourie (Graan SA),
Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) en Hentie Helm (sekretaris van die
boerevereniging) tydens die vergadering wat op 10 September op Hoopstad
plaasgevind het. Hierdie streeksvergadering van Graan SA was deel van Hoop-
stad-Suid Boerevereniging se vergadering wat deur 43 produsente bygewoon is.
Só het die gemeenskap van Bultfontein verligting gebring vir die nuweling-
veeboere se uitgehongerde beeste op die munisipale meentgrond met vee-
voerskenkings.
Foto: Maradine Whitehorn
Waaikraal Boerevereniging buite Bloemfontein het gedurende September ‘n
baie geslaagde boeredag aangebied waar verskaffers die geleentheid gehad
het om produkte uit te stal en ook by wyse van demonstrasies in die lande,
hul werkverrigting te toon. Jannie de Villiers (uitvoerende hoofbestuurder:
Graan SA) het as gasspreker hier opgetree. Chris Briedenhann (sekretaris)
en Loots van Rensburg (voorsitter van Waaikraal Boerevereniging) saam met
De Villiers.
19
November 2013
Produsente sit aandagtig en luister tydens ‘n vergadering van Hartbeesfontein
Landbouvereniging, waar Louw Steytler as hoofspreker opgetree het.
Cor Jansen van Vuuren (president van Agri NW), Frikkie Lemmer (voorsitter van
Hartbeesfontein Landbouvereniging) en Louw Steytler.
Bultfontein help
Hartbeesfontein vergader
Waaikraal Boeredag
Hoopstad vergadering
Vervolg op bladsy 21
1...,11,12,13,14,15,16,17,18,19,20 22,23,24,25,26,27,28,29,30,31,...100
Powered by FlippingBook