SA Graan November 2013 - page 20

Ná die amptelike oorhandiging het die onderskeie bakkies en sleepwaens na
verskillende punte beweeg waar die voer afgelaai is. Sowat 700 beeste word
hier aangehou op die weiding en tydens die gesprekke het Andries du Plessis
daarop gewys dat die droogte en oorbeweiding hierdie tekort aan kos vir die
diere tot gevolg het. “Ons kan egter nie toesien dat diere honger ly, terwyl dit
binne ons vermoë is om te help nie,” het hy gesê.
Vier lede van die komitee wat na die welsyn van die diere omsien:
Johannes Finger, Petrus Matsiliso, Johannes Phukuntsi (voorsitter van die
komitee) en Phillip Munone. Phukuntsi kon nie uitgepraat raak oor hierdie
daad van welwillendheid nie. Volgens hom het daar reeds diere gevrek as
gevolg van die droogte en hierdie daad gaan gewis verdere vrektes voorkom.
‘n 180°-blik op ons lede en tak-aktiwiteite
Informele gesprekke ná vergadering lei tot
daadwerklike aksie
HANS VAN DER BERG, LEDEBEMARKING- EN
-KOMMUNIKASIEBEAMPTE, GRAAN SA
Tydens Graan SA se streeksvergadering op
10 September op Hoopstad, het mnr Louw
Steytler (voorsitter van Graan SA) ‘n beroep op
produsente gedoen om nie alleen betrokke te
raak by georganiseerde landbou nie, maar op
alle terreine binne hul plaaslike gemeenskap.
Hierdie oproep het beslis nie op dowe ore
geval nie, want tydens die informele gesprekke
ná die vergadering, het ‘n inisiatief na vore ge-
kom wat binne ‘n week gerealiseer het. Met
verwysing na die droogte wat ondervind word
en die gebrek aan voldoende weiding, het
mnr Herman Meiring van Bultfontein aan
medeprodusente vertel van die inisiatief wat
hulle in Bultfontein geneem het, deur voer aan
informele produsente te verskaf vir hul diere in
die munisipale gebied.
Hierdie gedagte het spontaan byval gevind
en Abraham Barnard (voorsitter van Hoop-
stad-Suid Boerevereniging) het dadelik
begin organiseer vir ‘n soortgelyke aksie
en hierdie besluit is ‘n week later tot uit-
voer gebring.
Op 17 September het die produsen-
te van Hoopstad byeengekom met
bakkies, sleepwaens en vragmo-
tors vol voer, met een doel voor oë
en dit is om kos te gaan verskaf aan
honger diere. Daar is 35 ton voer
afgelaai met die vooruitsig van nog
voer wat deur ander produsente ge-
bring gaan word.
November 2013
18
Hoopstad-aksie
Lede-landskap
1...,10,11,12,13,14,15,16,17,18,19 21,22,23,24,25,26,27,28,29,30,...100
Powered by FlippingBook