SA Graan November 2013 - page 19

KOMPETISIEREËLS
1. Inskrywings moet die tema “Die mens in landbou” uitbeeld.
2. Die fotograaf moet ‘n fotobyskrif asook sy posadres en telefoonnommer/s saam met die foto
verskaf.
3. Persone op die foto moet geïdentifiseer word (verskaf noemnaam en van). Indien dit ‘n
generiese foto is van byvoorbeeld ‘n groep plaaswerkers wat die land skoffel, is identifikasie
nie nodig nie.
4. Slegs amateurfotograwe (dit wil sê persone wat nie ‘n bestaan maak uit foto’s neem nie)
mag vir die kompetisie inskryf.
5. Inskrywings is gratis.
6. Deelnemers kan ‘n maksimum van drie foto’s (waarvan die onderwerp verskil) per uitgawe
inskryf. Indien meer as drie foto’s ingestuur word, sal die eerste drie foto’s wat ontvang is, vir
die kompetisie in aanmerking geneem word.
7. Foto’s wat ingeskryf word, moet uniek wees en nie oor dieselfde tema handel as foto’s wat
vir ‘n ander fotokompetisie ingeskryf is nie. Foto’s wat ingeskryf word, mag ook nie voorheen
gepubliseer wees nie.
8. ‘n Deelnemer wat ‘n maandwenner is, kan nie vir die daaropvolgende drie uitgawes inskryf
nie.
9. Fotograwe kan elke maand tot en met die afsnytyd hul foto’s instuur. Inskrywings wat ná die
afsnytyd ontvang word, sal vir die volgende maand se kompetisie ingeskryf word.
10. Slegs e-posinskrywings of foto’s wat op CD verskaf word, sal aanvaar word. Die foto’s moet
in elektroniese formaat wees, nie groter as 3 MB elk nie, in JPG-formaat en nie kleiner as
10 cm x 15 cm nie. Indien foto’s met ‘n filmkamera geneem word, moet dit teen ‘n resolusie
van 300 dpi geskandeer word.
11. Foto’s wat met selfone geneem is, sal nie aanvaar word nie.
12. Foto’s mag nie digitaal gemanipuleer wees nie. Dit beteken dat ‘n mens nie agterna aan
die foto mag verander deur byvoorbeeld ‘n lastige boom digitaal te verwyder, ‘n mooi blom
op die agtergrond by te voeg of elemente van die foto nader aan mekaar te skuif nie. ‘n
Fotograaf mag egter die foto sny (crop) om ongewenste dele aan die bo-, onder- of sykante
weg te laat. Moenie aan die kontras stel nie.
13. ‘n Paneel, wat bestaan uit ‘n professionele fotograaf, ‘n verteenwoordiger van SA Graan/Grain
en Sasol Nitro, sal die foto’s maandeliks beoordeel.
14. SA Graan/Grain behou die reg voor om foto’s wat onduidelik is of nie aan die kompetisiereëls
voldoen nie, af te keur.
15. Alle inskrywings word die eiendom van SA Graan/Grain – dit sluit die CD’s in waarop die foto’s
verskaf is. Die foto’s sal in ‘n databank gebêre word en SA Graan/Grain en Sasol Nitro mag dit
vir toekomstige promosie-, bemarkings- en publikasiedoeleindes gebruik. Deur in te skryf, stem
die deelnemer in daartoe en geen eise van derde partye vir skending van kopiereg sal inge-
dien word nie.
16. Werknemers van Sasol Nitro, Graan SA of Infoworks mag nie vir die kompetisie inskryf nie.
D
reig jy al hoe lank om in te skryf vir die
SA Graan
/Sasol Nitro fotokom-
petisie? Nou ja, hier’s jou kans: Amateurfotograwe kan weer in 2013 hulle
foto’s vir ons instuur en die kans staan om R32 000 in kontant los te kliek!
Vanjaar se tema is “
Die mens in landbou
” en dit bied ‘n legio van opsies: Jy
kan die kinders in die plaasdam afneem; Ma besig voor die koolstoof om konfyt
te kook; Ousus wat ‘n mielie met haar haasbek probeer eet; of ou Jafta wat die
skape aanjaag kraal toe. Of wat van Pa wat op die plaashek leun en in die verte
staar – op soek na ‘n teken van reën? Of Boetman wat kaalvoet deur die mod-
derpoele met sy draadtrekker jaag? Moet ook nie vergeet van die plaaswerkers
wat besig is om te plant of te oes nie!
Onthou net:
Dit is baie belangrik om die persoon/persone op die foto te iden-
tifiseer. Ons wil weet wie dit is wat jy afgeneem het.
PRYSE
Sasol Nitro borg weer vanjaar die pryse en vanaf Januarie 2013 word daar vir
twaalf uitgawes elke maand ‘n wenner deur ‘n paneel beoordelaars aangewys.
Die
maandelikse wenner
stap weg met ‘n
kontantprys van R1 000
en die twaalf
finaliste kom in aanmerking vir
R10 000 (wenner)
,
R7 000 (naaswenner)
en ‘n
derde prys van R3 000
.
Stuur foto’s na
of aan Elmien Bosch, Postnet Suite 32, Privaat sak X10, Flamwood, 2572.
6
de
Die mens in landbou
SA Graan
/Sasol Nitro
fotokompetisie aangebied
Sluitingsdatums:
November 2013: 7 November
Desember 2013: 27 November
Lukas Becker van Kakamas se foto het aan hom ‘n eerste plek besorg. “Laatmiddag op ‘n Kalahariplaas op soek na daardie laaste wilde skape. Pierrie Koortzen is
agter die wiel van sy Land Rover en Charl en Elaine is op die uitkyk vir die wegloperskape.”
WENFOTO VIR
OKTOBER
1...,9,10,11,12,13,14,15,16,17,18 20,21,22,23,24,25,26,27,28,29,...100
Powered by FlippingBook