SA Graan November 2013 - page 15

Trust
Aktueel
13
November 2013
– beursaansoeke nou oop
ESTIE DE VILLIERS, ASSISTENT-REDAKTEUR:
SA GRAAN/GRAIN
Studente word uitgenooi om nou aansoek te
doen vir beurse van die Sasol Landboutrust om
hul nagraadse studies voort te sit in landbou-
of verwante studievelde.
Verbeter mededingendheid
en volhoubaarheid
Die Sasol Landboutrust, wat die mededingend-
heid van die landboubedryf ondersteun, is in
Maart verlede jaar deur Sasol gestig. Dit volg
na aanleiding van ‘n ooreenkoms tussen Sasol
Nitro en die Mededingingsraad waarvolgens
Sasol Nitro ‘n bedrag van R30 miljoen aan die
trust sal betaal oor ‘n tydperk van drie jaar om
tot voordeel van landbou en veral die Suid-
Afrikaanse graanbedrywe aangewend te word.
“Die trust het ten doel om die mededingend-
heid en volhoubaarheid van die Suid-Afrikaanse
landboubedryf te verbeter en verskaf onder-
steuning vir navorsings- en ontwikkelings-
projekte,” verduidelik mnr Leon du Plessis,
senior bestuurder: L & L Landboudienste en
administrateur van die Sasol Landboutrust.
“Die trust sal ook inisiatiewe ondersteun wat
gemik is op die verbetering van opleiding vir
produsente en die landboubedryf in die alge-
meen. Weens die groot bydrae wat graan tot
voedselsekerheid maak, sal die trust spesifiek
op die volhoubaarheid van dié bedryf fokus.”
Wie kan aansoek doen vir
geld by die trust?
Volgens Du Plessis kan enigeen aansoek doen,
solank die projek of studies waarvoor aansoek
gedoen word binne die trust se doelstellings
val en tot voordeel van landbou is.
“Die trustees sal elke aansoek op meriete
oorweeg en besluit of dit befonds gaan word
al dan nie. Die diskresie oor die befondsing
van ‘n aansoek rus dus by die trustees,” aldus
Du Plessis.
Die hoofdoel van die trust
is ondermeer:
Om die mededingendheid en volhou-
baarheid van die landboubedryf in Suid-
Afrika te bevorder deur die befondsing
van mark- en produksieverwante navor-
sing, die befondsing vir die verkryging en
verspreiding van markinligting ten einde
mededingendheid regdeur die waardeket-
tingteverbeter–indiebesonderopplaasvlak
– en om toegang tot die mark te fasiliteer
Om finansiële ondersteuning te gee vir
ontwikkelingsprojekte – en die verskaffing
van finansiële ondersteuning aan spesi-
fieke navorsingsprojekte binne die land-
boubedryf
Befondsing vir opleidingsprogramme vir
die produsente en die bedryf – wat die toe-
kenning van beurse vir graad-/diplomakur-
susse in landbou insluit
Internasionale opleiding
Volgens Du Plessis het die trust ‘n behoefte
geïdentifiseer vir ‘n groter internasionale bloot-
stelling van die landbounywerhede in Suid-Afri-
ka en een van die doelwitte van die trust is om
beurse toe te ken aan PhD-studente vir oplei-
ding aan aanvaarbare internasionale instellings.
“Die fokus van die trust se strategie is in wese
die ontwikkeling van plaaslike kundiges om
internasionale navorsing en kennis by ons
unieke grond- en omgewingstoestande aan te
pas. Studente sal die kennis wat hulle oorsee
ten opsigte van nuwe metodes en wetenskap
opgedoen het, aan die Suid-Afrikaanse bedryf
moet oordra en hul vaardighede met ander hier
moet deel,” het Du Plessis gesê.
Fokusareas
“Sleutelfokusareas wat produsente in staat
stel om volhoubaar en winsgewend te produ-
seer, is veral aspekte soos bewaringslandbou
(CA), behoorlike plantsiektebeheer en waar-
detoevoeging. Die trust het nog nie spesi-
fieke voorkeure vir navorsing bepaal nie, maar
oorsese studiebeurse en kursusse wat tans
oorweeg gaan word, moet gerig wees op die
sojaboonbedryf,” aldus Du Plessis.
Internasionale kundiges
Deel van die trust se strategiese doelwit is om
ook internasionale kundiges te borg om kort
kursusse te kom aanbied oor ‘n verskeidenheid
van belangrike onderwerpe in Suid-Afrika wat
deel vorm van die leerplanne van universiteite
en landboukolleges.
“Multidissiplinêre navorsing is baie belangrik
om plaaslike landbou te bevorder en om te
verseker dat ons steeds internasionaal mede-
dingend is. Buiten grondwetenskap, is dit
nodig om al die verskillende agronomiese en
ander studierigtings (byvoorbeeld oes- en
grondkunde, plantpatologie, onkruidweten-
skap, grondmikrobiologie, biochemiese weten-
skap en landbou-ekonomie) in te sluit.
“Ons wil deur die opleiding van plaaslike stu-
dente en die betrokkenheid van internasionale
kundiges, ‘n netwerk van plaaslike vaardighede
vorm wat oor die tyd ‘n groot rol in die bedryf
kan speel sodat toekomstige geslagte ook hier-
by kan baat.
“Persone is welkom om voorstelle by die trust
in te dien oor moontlike internasionale kundi-
ges wat kort kursusse in Suid-Afrika kan aan-
bied oor die betrokke landbouwetenskappe
(veral soja-aangeleenthede) en ander verwante
sake,” nooi Du Plessis.
Trustees
Die trustgeld word deur onafhanklike trustees
hanteer, wat dit tot voordeel van die land-
bougemeenskap moet aanwend. Die huidige
trustees is mnre Jannie de Villiers (voorsitter
van die trust en Graan SA verteenwoordiger),
Louw Steytler (Graan SA verteenwoordiger),
Neels Ferreira (Agri SA verteenwoordiger),
drs Johannes Louw (Sasol Nitro verteen-
woordiger), Erik Adriaanse (Sasol Nitro ver-
teenwoordiger), Mamabolo Raphesu (AFASA
verteenwoordiger) en prof Johann Kirsten
(akademiese verteenwoordiger).
Sluitingsdatum
Die sluitingsdatum vir plaaslike beursaansoeke
is 31 Januarie 2014.
Vir volledige besonderhede oor voorwaardes
en afskrifte van die beursaansoekdokumente,
kontak Louise du Plessis by L & L Landbou-
dienste, administrateurs van die Sasol Land-
boutrust, by 012 807 3958/4191 of stuur ‘n
e-pos na
of
gbcon-
.
Sasol Landboutrust
1...,5,6,7,8,9,10,11,12,13,14 16,17,18,19,20,21,22,23,24,25,...100
Powered by FlippingBook