SA Graan November 2013 - page 18

Fotokompetisie
Aktueel
Opskud, tyd raak
min om in te skryf!
SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE
Komaan, as jy nou al hoe lank dreig om in te skryf vir die
SA Graan
/
Sasol Nitro fotokompetisie, is dit nou die tyd om tot aksie oor te gaan. Die
kompetisie vir hierdie jaar, met die tema “Die mense in landbou”, loop in
Desember ten einde.
Wie weet, dalk is daardie oulike foto van Boet wat besig is om die lammers
aan te jaag of ou Jafta besig om te ploeg met die son wat in die weste
sak, dalk net die wenfoto vir dié uitgawe. Gaan soek ‘n bietjie in jou foto’s
rond en stuur vir ons daardie foto in. Onthou: Wie nie waag nie, wen nie.
Baie geluk aan Amanda van Blerk van Clarens, wie
se foto “‘n Plaasstorie” aan haar ‘n eerste plek in die
September-uitgawe besorg het. Hiermee steek sy
R1 000 kontant, met komplimente van Sasol Nitro,
in haar sak.
Margaretha Jacobsz van Senekal se foto behaal ‘n tweede plek. “Deon
Joubert en Pankie Moelefe gesels kopstukke, terwyl Pankie Oupa se skoene
poets.”
In die derde plek is Tanya
Steyn van Bothaville se foto
van haar dogter, Natasha.
“Ons mis nie ‘n oomblik saam
met die diere nie!”
2
de
3
de
1...,8,9,10,11,12,13,14,15,16,17 19,20,21,22,23,24,25,26,27,28,...100
Powered by FlippingBook