SA Graan November 2013 - page 22

November 2013
20
Graan SA-ledetent gons by Megaweek
Vervolg van bladsy 19
Lede-landskap (vervolg)
LIANA STROEBEL, GRAANPRODUSENTONTWIKKELINGSPROGRAM, GRAAN SA
Vanaf 18 tot 21 September vanjaar het Graan SA hul dank asook onder-
steuning aan Graan SA-lede gedurende die Agri Mega week betoon deur
‘n gemaklike platform te skep om getroue lede en bedryfsrolspelers te
ontvang.
Provinsiale bestuurders van die Wes- en Suid-Kaap sowel as perso-
neel van die Graan SA-hoofkantoor, naamlik Jannie de Villiers en Susan
Engelbrecht, het alle lede, ontwikkelende produsente, industrie-rolspe-
lers asook die media, hartlik verwelkom. Die geleentheid het ook vrugte
afgewerp in terme van verhoudingsbou en positiewe skakeling met de-
partementele amptenare en bestuursfigure.
Graan SA is ook baie opgewonde oor die verwikkelinge wat op die
ontwikkelende produsente front in die Wes-Kaap aan die gebeur is. Baie
van hierdie produsente is reeds kommersiële graanprodusente en vol-
waardige lede van Graan SA en kan lankal nie meer as “ontwikkelende
produsente” gesien word nie.
Die grootste uitdaging bly steeds die beskikbaarheid van bekostigbare
grond. Die opkoms deur hierdie produsente by die ledetent was uit-
stekend en waardevolle gesprekke is met bestuurslede gevoer.
Ons wil graag alle lede en rolspelers wat die Graan SA-ledetent besoek het,
hartlik bedank vir hul ondersteuning en betrokkenheid. Geleenthede soos
hierdie bied aan jou as produsent die kans om op ‘n informele basis jou
positiewe ervaringe asook bekommernisse met ons hoofbestuur te deel.
Hierdie inligting vorm uiteindelik die aanslag om lede te beskerm en die
aansporing tot dít wat vir jou as graanprodusent en lid van Graan SA,
belangrik is.
1: Graan SA-lede, ontwikkelende produsente, bedryfsrolspelers asook
die media is hartlik ontvang by die Graan SA-tent.
2: Koos (voormalige hoofbestuurslid van Graan SA), middel, en Cornéle
Blanckenberg, links, en hul kinders, saam met Richard Krige (hoof-
bestuurslid van Graan SA), Louw Steytler (voorsitter: Graan SA) en
Schalk Viljoen (voormalige hoofbestuurslid van Graan SA).
3: Gedurende die Megaweek het Graan SA hul dank asook ondersteu-
ning aan alle Graan SA-lede betoon deur ‘n gemaklike platform te
skep om getroue lede en bedryfsrolspelers te ontvang.
4: René Bastian (Agri Mega), Jannie de Villiers (uitvoerende hoof-
bestuurder: Graan SA), Carol Levindal (Departement van Landbou,
Elsenburg), Ishmael Tshiame (senior beampte: Administrasie, Win-
tergraantrust), Alan Jeftha en Andy Harmse (graanprodusente van
Suurbraak).
5: Saam met Louw Steytler is Japie en Malie Grobler (Bothaville) en
Annelise Bezuidenhout (links).
6: Besoekers kon sien hoe die “binnewerke” van ‘n trekker inmekaar
steek – dié trekker word vir opleiding gebruik.
7: Susan Engelbrecht (Kommunikasie en Media Skakeling, Graan SA)
het besoekers tuis laat voel by die ledetent.
8: Geleenthede soos hierdie bied aan produsente die kans om op ‘n
informele basis hul positiewe terugvoer asook bekommernisse met
Graan SA -personeel te deel.
9: Herman Loubscher (Swellendam) het saam met sy kinders ‘n draai by
die ledetent gemaak.
10: Tyd vir ‘n uiltjie knip. Ben, seun van Schalk (voormalige hoofbe-
stuurslid van Graan SA) en Landi Viljoen van Riviersonderend, was
poegaai terwyl hy vir sy pa moes wag wat oor die differensiaal ge-
sels het.
Foto: Retha de Villiers
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
1...,12,13,14,15,16,17,18,19,20,21 23,24,25,26,27,28,29,30,31,32,...100
Powered by FlippingBook