SA Graan November 2013 - page 12

Toer
Aktueel
10
KIink ‘n glasie op Kaapse-styl
versnitwyne...én kanola
JOHAN SMIT, SA GRAAN/GRAIN REDAKSIE
‘n Artikel oor Kaapse versnitwyne wat in ‘n graantydskrif verskyn, is
waarskynlik ongewoon. Toe
SA Graan/Grain
‘n uitnodiging van Absa
AgriBesigheid ontvang om hul jaarlikse Pinotage-mediatoer by te woon,
was presies dít ons reaksie. Maar mnr Brienne van der Walt, uitvoerende
hoof van dié handelsbank se landboukant, en sy span kon met reg bewys
dat wingerdboere se passie vir landbou net so sterk is soos dié van
graanprodusente.
Met vanjaar se toer is besoek afgelê aan verskeie wynlandgoedere in die
nabye omgewing van Hermanus, wat insluit die Walker Bay-gebied, die
Hemel-en-Aarde vallei en die Botrivier vallei (in koringterme na verwys
as die Overberg).
Die wynlandgoedere wat besoek is, is kelders in privaat besit...Elkeen
met ‘n unieke geskiedenis wat deurdrenk is van entrepreneurskap,
pionierswerk en ‘n robuuste liefde vir die grond en seewind en
asemrowende natuurskoon van die omgewing.
By Southern Right/Hamilton Russell, Sumaridge, RAKA Wyne, Spring-
fontein, Stanford Hills, Wildekrans en Beaumont het ons mense ontmoet
en beleef wat nie bloot deelneem aan ‘n bedryf nie, maar wat oor ‘n
aansteeklike entoesiasme beskik vir dié deel van landbou waarin húlle
uitgedaag word om insetkoste af te dryf, arbeidskoste effektief te bestuur
en teen wêreldpryse van wyn, plaaslike oorskotte en kompeterende
markte mee te ding.
Tot
SA Graan/Grain
se opwinding het die toer op 18 September ‘n
besoek aan die Agri Mega Week op Bredasdorp ingesluit, waar ‘n
landbou-ekonomiese en kanola-produsenteseminaar aangebied is om
oesvooruitskattings en bedryfsuitdagings met produsente te deel.
Mnr Kellie Bekker, besturende direkteur van SOILL, het gesê ‘n
uitstekende kanola-oes word in die Overberg en die Swartland verwag.
“Die kanolabedryf beskik oor uitstaande produsente wat voortdurend
kwaliteitsverhogingspraktyke implementeer,” het hy gesê.
Absa Trust en SOILL (Edms) Bpk het vir mnr Jannie Bruwer, ‘n akker-
boukundige verbonde aan die Sentraal-Suid Koöperasie op Swellendam,
vereer vir sy uitsonderlike bydrae tot die bedryf.
Cape Blend-kompetisie
Absa stap ‘n jarelange padmet die Pinotage-assosiasie en die bevordering
van Pinotage as ‘n unieke Suid-Afrikaanse wyndruif-variëteit. Dié kruising
van Pinot Noir en Cinsaut is op eie bodem deur prof A.I. Perold gekweek
en lande soos Amerika, Nieu-Seeland en Zimbabwe het intussen ook
Pinotage begin verbou.
Kaapse versnitwyne waarvan minstens 30% of hoogstens 70% uit die
inheems gekweekte Pinotage rooiwynkultivar bestaan, is een van ons
Suiderland se uitsonderlikhede. Ten einde hierdie wyne te vereer, is
die Perold Absa Cape Blend-kompetisie in 2011 begin en vanjaar vir die
eerste keer is die top vyf in stede van die top drie wenners uit al die
inskrywings aangewys.
Altesaam 45 wyne van 35 produsente is ingeskryf en die 2013 Perold
Absa Cape Blend Top Vyf wenners in alfabetiese volgorde is: Anura LB
Cape Blend 2012, Clos Malverne Spirit of Malverne 2011, KWV Abraham
Perold Tributum 2011, Sumaridge Epitome 2009 en Viljoensdrift River
Grandeur Cape Blend 2011. Die wynmakers wen elkeen ‘n reis na ‘n
buitelandse wynstreek.
Die Anura Cape Blend bestaan uit Pinotage (34%), Merlot (17%), Shiraz
(17%), Cabernet Franc (17%) en Cabernet Sauvignon (15%); die Clos
Malvern Spirit of Malverne uit Pinotage (50%), Cabernet Sauvignon (33%)
en Shiraz (17%); die Abraham Perold Tributum uit Pinotage (30%),
Shiraz (40%), Cabernet Franc (15%) en Cabernet Sauvignon(15%);
die Sumaridge Epitome uit Pinotage (64%) en Shiraz (54%); die
Viljoensdrift River Grandeur uit Pinotage (30%), Merlot (44%),
Shiraz (24%) en Cabernet Sauvignon (2%).
Die kuns van wynmaak kom veral in versnitwyne voor. Dit gebeur
nadat die natuur se grond en klimaat die gehalte van die druiwe
geskep het deur middel van effektiewe wingerdbestuur en dit in
die kelder benut is om hoëgehalte wyne te maak. Om die versnit
te vervolmaak beteken ‘n rondproe en evaluering van die wyne in
al die vate en tenke om daaruit die beste kombinasie in die bottel
te versny.
Die vyf naaswenners onder die tien finalis-wyne is: Flagstone
Dragon Tree 2011, Namaqua Cellar Door Pinotage/Malbec 2011,
Warwick Three Cape Ladies 2011, Welbedacht Hat Trick 2010 en
Windmeul Cape Blend 2012.
Springfontein Wynkelder naby Stanford was een van die kelders wat deur
die mediagroep besoek is. Christo van Staden (
Volksblad
), Thea Liebenberg
(Agri SA) en Belinda Jacobs (Absa) luister aandagtig na Tariro Masayiti, wyn-
maker, se verduideliking oor sy wynmaakkuns.
Suid-Afrika se top vyf Cape Blend rooi versnitwyne is op 20 September by die
Marine Hotel op Hermanus aangekondig. Van links is Charles Hopkins (voor-
sitter van die Perold Absa Cape Blend-kompetisie se beoordelingspaneel),
Gavin Patterson (Sumaridge), Johann Fourie (KWV), Lance Bouma (Anura),
Suzanne Coetzee (Clos Malverne), Fred Viljoen (Viljoensdrift) en Brienne van
der Walt, uitvoerende hoof (Absa AgriBesigheid).
1...,2,3,4,5,6,7,8,9,10,11 13,14,15,16,17,18,19,20,21,22,...100
Powered by FlippingBook