

Junie 2015
20
SmartFarm-saadplot
– ‘n eerste vir Syngenta en NAMPO
B
ehalwe vir Syngenta se tradisionele uitstalruimte, het hulle
ook vanjaar gespog met ‘n saadplot. Op hierdie ruimte het
Oesdaggangers die geleentheid gehad om nie net te luister na
Syngenta se kundiges nie, hulle kon ook sien waarvan daar ge-
praat word.
Proewe is vroeër in die seisoen op hierdie “plot” geplant en het die
geleentheid gebied om die tegnologie te ervaar waar die plante fisies
in die grond staan – iets wat nie vantevore op NAMPO gesien kon
word nie.
Saadbehandeling en Syngenta se beproefde opbrengsbestuurspro-
gram was duidelik te sien en verder is dit bygestaan deur kundiges
om enige verdere vrae te beantwoord. Inligting oor hulle beskikbare
sonneblombasters, wat in kombinasie met hul saadbehandeling en
gewasbeskermingsprogram loop, was ook op die spyskaart.
Syngenta het ook die SmartFarm-veldtog tydens die afgelope
NAMPO Oesdag geloods. Hierdie inisiatief het ten doel om pro-
dusente te herinner dat elke besluit (van die baie!) wat daagliks
op die plaas geneem word, ‘n direkte impak op sy boerdery se
winsgewendheid en volhoubaarheid het. Syngenta se SmartFarm-
oplossing – vanaf gewasbeskermingstegnologie, belegging in land-
bou, tegniese dienste en risikobestuur – is alles daarop gemik om
die volhoubaarheid van ons produsente te verseker.
1: Du Preez Kritzinger (produkbestuurder: Rygewasse, Oostelike
streek, Syngenta), Stefan van Zyl (produkbestuurder: Rygewasse,
Sentrale streek, Syngenta), Lukas Meyer (sleutelkliëntbestuurder:
Saadbehandeling, Syngenta) en Andreas Boon (hoof: Tegniese dienste,
Suid-Afrika, Syngenta) by die nuwe Syngenta-saadplot. Hier kon
produsente na aangeplante proewe kom kyk en met die kenners gesels.
2: Stefan van Zyl, Helena en Christie Borchards (Kraaifontein, Wes-
Kaap) en Lukas Meyer by die Maxim Quatro-gedeelte van die uitstalling.
Dié produk stel die nuwe standaard vir mieliesaadbehandeling in Suid-
Afrika. Dit bied vier kragtige swamdoders wat mielies beskerm teen ‘n
wye spektrum saad- en grondgedraagde siektes, met ‘n beste-in-sy-
klas aktiwiteit teen Fusarium- asook Pythium- en Rhizoctonia-spesies.
3: Fanie van Zyl (voorsitter: Graan SA Ouditkomitee) en Stefan van Zyl
by die Clearfield Sonneblom SY3970 CL. Dit is deel van Syngenta se
Smartpack-reeks – saad, saadbehandeling en gewasbeskerming in een.
4: Du Preez Kritzinger, D.C. Shabangu (Newcastle) en M.C. Mthombeni
(Dannhauser) by die aangeplante proewe op Syngenta se saadplot.
5: Gerda en Zelda Pieterse (albei van Tukkies) en Lukas Meyer.
6: Du Preez Kritzinger, Henco le Roux, Willem Jordaan,
Jenny Haasbroek en Elizna Erasmus (almal van Morgenzon Land-
bou-akademie). Heelwat studente en skoliere besoek jaarliks die
NAMPO Oesdag.
7: Stefan van Zyl en Derek Nicholson (Terason, Oos-Londen) gesels
tydens NAMPO. Terason is ‘n verspreider van Syngenta-produkte.
8: Stefan van Zyl, BD van der Westhuizen (Suid-Gauteng) en
Odrhu Opperman (Nelspruit).
9: Andries Wessels (bestuurder: Rygewasse saad, Afrika en Midde-
Ooste, Syngenta) en Clint Bryans (produsent vanuit Zambië) gesels
strategie op Syngenta se saadplot tydens NAMPO.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
namens Syngenta
4
7
8
9
5
6
2
3
1