

Voor: Jason Holman (Bekker Landbouskool, Magaliesburg) en
Gerhard Botes (Bothaville). Agter: Alex Straub, Jay-Gea Knoetze
(albei ook van Bekker Landbouskool) en Alie Engelbrecht (ope-
rasionele bestuurder: K2). K2 beskik oor ‘n volledige reeks saad
– van mielies, sonneblom, sojabone, koring en alle tipe weidings
tot groente. K2 is ook die alleenverspreider in Suid-Afrika vir
die grootste saadmaatskappy in die Suidelike Halfrond, Nidera
(gebaseer in Argentinië), se saad.
Bayer het daagliks gesondheidspraatjies by hulle stalletjie aangebied.
Phiri Tsele (Botswana), Estie Beukes (bemarkingsbestuurder: Mansge-
sondheid, Bayer), dr Etienne Kok (mediese dokter, seksuoloog,
psigoterapeut en huweliksberader), wat die praatjies aangebied het,
dr Dick Mavuka, Archie Tlometsane (albei van Botswana) en Dirk Uys
(bemarkingsbestuurder, Bayer CropScience).
Agricol het vyf nuwe sojaboonbasters wat in die 2015/2016-seisoen
beskikbaar gaan wees: DM5302RSF, DM5609RSF, DM5901RSF,
DM6663RSF en DM6968. Wim de Beer (Omnia), Jaco van der Merwe
(Bethal), Johannes van der Wath (Standerton) en Johan Viljoen
(Omnia), het met Anina Snyman (Agricol, Amersfoort), middel, kom
gesels oor dié nuwe kultivars.
Barry Steiestol (Schulte) vertel vir Pieter Lordan en Carel Pretorius
(albei van Levubu) meer oor die 2500 Giant klipopteller van Schulte
wat deur Radium Engineering vanuit Kanada ingevoer word. Die klippe
wat gewindry is, word deur die kliphark in ‘n vangbak versamel en van
die land af gevoer. Dit het ‘n optelwydte van 1 525 mm en ‘n vangbak-
grootte van 1,9 m³.
Poy Kirsten en Jannie Geldenhuys (albei van Potchefstroom) het met
Joos Weideman (Eskom Sentrale-streek) en Koos van Rooyen (Eskom
Noordwes-streek) kom gesels oor energiebesparing in die landbou-
sektor. Hulle het spesifiek kom uitvind oor die opwekking van krag
en die herverkoop daarvan aan Eskom.
TERUGBLIK
NAMPO 2015
Spesiale
Junie 2015
16
Vervolg van bladsy 15
Rudi du Toit (Agsolutions, Case) saam met Manie (sr) en Manie (jr)
van Niekerk (Kroonstad) by die Northmec-stalletjie. Die Case 340 (met
rusperbande agter) is die nuutste toevoeging tot die Case-reeks. Dit is
die eerste trekkerfabrikaat wat drie internasionale toekennings vir sy
trekkerreeks gewen het: Trekker van die Jaar 2015; ‘n goue medalje vir
mees innoverende masjien van die jaar; en beste produk gelewer deur
‘n fabrikaat. Die rusperbande agter aan die trekker maak dat daar geen
wielglip is nie en gee beter flotasie en minder grondversteuring. Al vier
die kontakpunte is ten alle tye op die grond. Die rusperbande ossilleer
ook 10º op en af; links en regs.