

Junie 2015
26
Agrico – nie net spilpunte nie, maar
‘n verskeidenheid landboutoerusting
by NAMPO te sien
A
grico is bekend vir sy spilpunte en lineêre besproeiers en
natuurlik groot Agrico-trekkers en -implemente. Dit is egter nie
al wat hierdie werktuie- en toerustingmaatskappy tydens Graan SA
NAMPO Oesdag uitgestal het nie.
Oesdaggangers kon met die kenners gesels oor die Shakti-
sonkragstelsels wat nou deur Agrico in Suid-Afrika versprei
word. Met die huidige kragkwessie in Suid-Afrika, het dit heelwat
belangstelling gelok en klante kon ‘n sisteem in werking sien deur
middel van ‘n werkende eenheid op die uitstalruimte.
Verder kon Oesdaggangers ‘n verskeidenheid ander landbou-
toerusting van nader beskou wat onder meer ingesluit het die
Siloking-voermengers (in Duitsland vervaardig) asook verskeie
JCB-toerusting en -kragopwekkers wat volgens die klant se behoef-
tes vervaardig word en toegerus is met John Deere-enjins van
20 kVA tot 450 kVA.
1: Agrico is die verspreider in Suid-Afrika van Shakti-sonkragpompe
en -sisteme. Die fisiese werking van die sonkragpanele en -pomp kon
besigtig word en het groot belangstelling gelok.
2: Gerrit Bornman, Frans Brits en Stephan Brits (almal van Pietersburg)
en Diederik Brits (Settlers) by die groot Agrico 4+250. Dié trekker is
toegerus met gevorderde DaimlerChrysler-enjins en ZF-ratkaste. Die
Agrico 4+ -reeks word gekenmerk deur uitstekende waarde vir geld,
robuuste konstruksie, ‘n baie ekonomiese aandrywingstelsel (lae
dieselverbruik) en landswye diens.
3: Tim Hoebel (Siloking, Duitsland), Peet Cloete (beesprodusent van
Kathu) en Braam Smit (Bronkhorstspruit) by die Siloking vertikale
voermengers wat 5 ton tot 26 ton voer kan hanteer. Siloking word
internasionaal geag as die markleier op hierdie gebied.
4: Klaas du Toit en Dawie van Tonder (albei van Groot Marico) by die
Agrico-kragopwekkerstelsel. Dié opwekkers word plaaslik volgens die
klant se behoeftes vervaardig en toegerus met John Deere-enjins van
20 kVA tot 450 kVA.
5: Agrico is bekend as markleier met spilpunte en lineêre besproeiers
en het met ‘n reuse-uitstalling gespog, wat ‘n groot verskeidenheid
implemente en masjinerie ingesluit het – onder andere spilpunte,
sonkragstelsels, trekkers en TLB’s.
6: Johan Burger (Biesiesvlei) en Kobus Mans (Ottosdal) by die
JCB 527-58 Agri Telelaaier met ‘n wye verskeidenheid toebehore wat
gekoppel kan word om veelsydigheid en produktiwiteit te maksimeer.
Dié masjien (tans die kleinste in die reeks) lewer 74,2 kW en het ‘n
hysvermoë van tot 5 800 mm en kan 2 700 kg hanteer.
7: Hennie, Johan en JJ Cloete (almal van Douglas) by die 3CX Eco
Laaier-Slootgrawer (TLB). Hierdie masjien is spesifiek vir die landbou
toegerus met ‘n kitshaak voor en kom standaard met paletvurke asook
‘n 1,2 m³ bak. Verskeie ander toebehore kan maklik aangehaak word,
soos byvoorbeeld baalvurke of hidroulies aangedrewe grondbore.
Agrico bied die 3CX met ‘n safari- of luukse lugversorgde kajuit aan.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
namens Agrico
1
3
6
7
4
2
5