

Bayer: ‘n NAMPO-uitstaller
vir meer as 20 jaar
B
ayer is alreeds vir meer as 20 jaar ‘n uitstaller by Graan SA se
NAMPO Oesdag en vanjaar is geen uitsondering nie. Bayer
het hul missie “Science for a better life” vanjaar aan besoekers
uitgebeeld deur middel van ‘n uitstalling wat reeds in Europa,
Amerika, Asië en Suid-Afrika ‘n draai gemaak het. Na aanleiding van
gewildheid is hierdie uitstalling weer terug in Suid-Afrika en dit kon
tydens NAMPO besigtig word. Die uitstalling het menslike-, dier- en
plantgesondheid ingesluit.
Oesdaggangers kon hulself vermaak deur deel te neem aan die
interaktiewe, informatiewe elemente en speletjies wat deel uitmaak
van die uitstalling (wat bestaan het uit sowat 21 bokse, elk 2 m
hoog wat afbeeldings en informatiewe teks bevat aangaande die
wetenskaplike agtergrond en sosiale aspekte van die spesifieke
onderwerp wat op elkeen aangespreek word). Die uitstalling is juis
ontwerp om jong, potensiële wetenskaplikes aan te moedig deur te
wys watter impak wetenskap op ons daaglikse lewens het.
23
June 2015
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
namens Bayer
– wêreldwye uitstalling terug in SA vir vanjaar s Oesdag
1: Neville de Bruin en Stoffies Parsons (Nulandis) saam met Dirk Uys
(bemarkingshoof: Bayer), André du Toit (areabestuurder: Bayer) en Dawid
Viljoen, ‘n produsent in die Bothaville-omgewing.
2: Dr Ettienne Kok het ‘n daaglikse gesondheidspraatjie aangebied wat
deur mans en vrouens bygewoon is. ‘n Wye verskeidenheid gesond-
heidsaspekte is aangespreek en vrae kon aan dr Kok gestel word.
3: Dr Clinton Austin (veearts: Bayer) besig met ‘n post mortem op ‘n
skaap. Daar is elke dag omstreeks 09:00 ‘n post mortem gedoen en dit het
baie belangstelling gelok.
4: Claire Patterson (Johannesburg) by susters Louise Pywell en
Lorraine Kahn wat Oesdaggangers se bloeddruk en bloedsuiker getoets
het as deel van Bayer se fokus op onder andere menslike gesondheid.
5: Jan Schabort (Frankfort) en Callie Kruger (verteenwoordiger: Bayer) by
een van Bayer se interaktiewe speletjies. Bayer se uitstalling het ‘n reeks
verskillende fasette en bedrywe uitgebeeld waarby Bayer betrokke is, en
Oesdaggangers kon verskeie speletjies speel en aan toetse deelneem om
meer inligting aangaande dié fasette te bekom.
6: Dirk Uys en Estie Beukes (Bayer Healthcare) by een van die interaktiewe
speletjies besig om die werking daarvan aan Oesdaggangers te demon-
streer.
7: Paul Wilmans (Roodepoort), Pieter Els (Lichtenburg, Bayer) en Elly en
Henk Tijssen (Hadeco) glimlag vir ‘n foto tydens NAMPO.
1
4
7
5
6
2
3