

Junie 2015
18
24-ry-planter het produsente
aan die praat
J
ohn Deere het vanjaar by NAMPO weer eens vir produsente
nuwe oplossings gebring om slimmer te boer en nie harder nie.
Een van die nuutste produkte wat vanjaar baie aandag getrek het
by die meganisasiereus se standplaas, was die 24-ry John Deere-
grootraamplanter. Vir meer inligting oor enige van die onderstaan-
de produkte, besoek jou naaste John Deere-handelaar.
PROMOSIE-ARTIKEL
RUTH SCHULTZ,
namens John Deere
1: Die 24-ry-planter wat uitkom met ‘n 6 ton kunsmistenk (slegs vir korrelkunsmis) en ‘n 2 ton saadtenk, kan opvou vanaf ongeveer 18 m (wanneer dit
heeltemal oopgevou is) na 7 m. Hierdie planter is ideaal vir produsente wat groot wil plant en kunsmis toedien in een aksie.
2: Die grootraamplanter kom uit met die nuutste tegnologie: GreenStar Rate Controller Dry, SeedStar en RowCommand. Nog ‘n voordeel van hierdie
planter is dat dit die werk doen van ongeveer drie agt-ry-planters. “Ek stel juis in hierdie planter belang oor die arbeidskostebesparing,” het Karel
Bezuidenhout van Elliot gesê, toe hy meer kom uitvind het oor dié planter by NAMPO 2015.
3: Die
double eliminator
wat jy by elke ry kan stel om enige dubbele pit van die plaat af te gooi, se verstellingsplek is vergemaklik. Nog ‘n verandering
is die veer wat verplaas is met ‘n lugkussing wat afwaartse druk op die planter uitoefen. “Dié lugdruk maak dat elke ry-eenheid meer stabiel is wanneer
die planter beweeg, met die gevolg dat jy ‘n beter plantestand sal hê,” verduidelik Andries Cornelius (gebiedsbestuurder: John Deere).
Nog slimmer oplossings vir die produsent
4: John Deere Field Connect™ wat onder die
FarmSight™-sambreel sorteer, kom uit met ‘n
grondvogtigheidsmeter (links) wat ongeveer
1 m in die grond gesit word om die grondvog
van ‘n sekere area te bepaal. Dié inligting
word dan na ‘n databasis gestuur. Wanneer
jou grond té veel of té min vog het, sal jy ‘n
SMS ontvang. Die stelsel kom ook uit met
‘n sonpaneel, battery en simkaart. Ekstra
bykomstighede by hierdie stelsel sluit in ‘n
reënvalmeter, temperatuursensor en blaar-
vogtigheidsensor.
5: Janko en Anton Botha, broers wat op Grey-
lingstad boer, het met Vikar Sheopershad
(produkbestuurder: John Deere) kom gesels
oor die Apex
TM
-sagteware wat spesifiek vir
John Deere-stelsels ontwerp is. “Hierdie is ‘n
belangrike komponent vir presisieboerdery,
wat ons sal help om onder andere ons
stroper- en kalkstrooidata te verwerk,” het
Anton gesê.
6: Die 855D S4 nutsvoertuig is veral baie
gewild onder die jagmanne. ‘n Addisionele
toevoeging tot die voertuig is die jag
kit
(nie ‘n John Deere-produk nie), wat agterop
geïnstalleer kan word. ‘n Groot voordeel van
dié dieselvoertuig is dat hy lig op brandstof is
(tussen 15 km en 22 km op ‘n liter).
7: Die John Deere 9570 RT beskik onder
andere oor een groot voordeel en dit is dat die hidroulika van die trekker
verbeter is, wat weer die vloei van olie deur die trekker verbeter. Besoekers
kon ‘n gratis foto laat neem by hierdie indrukwekkende trekker om as ‘n
NAMPO-aandenking huis toe te neem. George Claassen (regs) kon verseker
nie hierdie kosbare foto-oomblik saam met sy seun, Cornél, en vyf maande
oue kleinseun, George, laat verbygaan nie.
2
3
4
6
7
5
1