

Junie 2015
14
TERUGBLIK
NAMPO 2015
Spesiale
By die Gigan 12 van Lemken staan, voor: Lourens Swart (Middelburg,
Mpumalanga) en agter: Zander Prinsloo en WA de Klerk (albei van
Middelburg, Mpumalanga) asook Karel Munnik (besturende
direkteur: Lemken), Blackie Swart (areaverkoopsbestuurder:
Lemken) en Wim de Beer (Middelburg, Mpumalanga). Die Gigan is ‘n
drasisteem met twee 6 m Rubin nege skottelêe daarop gemonteer.
Dit is beskikbaar in ‘n 8 m tot 12 m werkswydte. Die implement be-
nodig ‘n 37 kW per meter implement en vir effektiewe bewerking
moet die werkspoed 10 km/h en hoër wees.
Dr Marion Booysen (veearts by Bayer Animal Health), middel, doen met
behulp van Isaac Mabaso (Bayer Animal Health) en Danie Stoltz (Bayer
Animal Health, Bloemfontein) ‘n post mortem op ‘n skaap, terwyl
André Sadler en Cuyler De Winnaar (leerders aan Sentrale Volkskool,
Kroonstad) toekyk.
Dié konsepmodel John Deere-grootraamplanter behoort volgende jaar
plaaslik bekend gestel te word en het aandag by die John Deere-stand-
plaas getrek. Dit is beskikbaar in ‘n 12-, 16- en 24-ry wat kan opvou. Dit
maak die bestuursvernuf met die planter baie makliker. William en
Machiel du Plessis (albei van Theunissen) gesels met Philip du Plessis en
Jurgen Schlebusch (albei van John Deere) oor die planter wat se ry-een-
hede baie na aan die trekker is en wat ‘n produsent vanuit die kajuit of
op die monitor kan dophou.
Kynoch-personeel het besoekers ingelig oor KynoPop se opbrengsver-
hoging-suksesstories. KynoPop bevorder jong, sterk saailinge en bied
verhoogde saailingdoeltreffendheid vir optimale groei asook verbeterde
vroeë wortelontwikkeling en beter weerstand teen strestoestande,
siektes en plae. Voor: Jakes du Plessis (streeksbestuurder: Sentrale-
streek, Kynoch). Agter: Coetzee de Jager (verteenwoordiger: Bultfon-
tein, Kynoch), Eugene Muller (hoofbestuurder: Kynoch) en Johannes
Smith (landboukundige: Sentrale-streek, Kynoch).
Siloking is Duitsland se grootste voermengervervaardiger en dié voer-
mengers is vanaf vanjaar eksklusief by Agrico beskikbaar. Die 18 m³- (op
die foto) en 12 m³-voermengers beskik oor groot awegaars om voer te
meng. Dit het ‘n uitlaaiband van 30 cm (aan albei kante) wat kan uitskuif
om maklik die gekerfde voer in die vee se krippe te gooi. Frans, Gert,
Pieter en Gert Jacobs (pa, oupa en kleinseuns, almal van Theunissen) het
meer kom uitvind oor die Siloking TrailedLine Duo 18-voermenger wat
Silonox-slytasieonderdele binne-in die bak het, wat bestand is teen kor-
rosie en slytasie.
Agri-Safe is ‘n innoverende risikobeskermingsaanbod van Syngenta. Met
hierdie aanbod kan die produsent die waarde van sy Syngenta-aankope,
met ‘n ekwivalent in tonnemaat, beskerm met ‘n vaste termynmark-
mielie-/koringprys. By Syngenta se stalletjie was, voor, Stoffel en Estie
Bakkes en agter, Geraldine en Chrisjan Bakkes, Christiaan Bakkes en
Ronel en Stoffel Bakkes (almal van Wesselsbron).
Vervolg van bladsy 11