

Junie 2015
12
PANNAR – eersteklas saad en
kundigheid verseker ‘n suksesvolle oes
D
uisende produsente het tydens die afgelope Graan SA NAMPO
Oesdag na NAMPO Park gestroom om die nuutste tegnolo-
gie van nader te beskou. PANNAR se uitstalruimte is ‘n bekende
gesig tydens elke NAMPO, aangesien hulle baie prominent en sen-
traal op die terrein geleë is – oorkant die Graan SA-inligtingstoon-
bank op die Oesdagterrein.
Verskeie PANNAR personeel, bestuur en verteenwoordigers het,
soos altyd, gereed gestaan om produsente by te staan met saad-
oplossings vir ‘n groot verskeidenheid grane, wat mielies, sonne-
blom, sorghum en sojabone insluit.
1: Frans Cronjé (Rouxville) en Jacques Labuschagne (Wesselsbron)
gesels met AK Geldenhuys (verteenwoordiger: Vrystaat, PANNAR) oor
lusern- en weidingsopsies in die Wesselsbron-omgewing.
2: Japie Breedt (Bapsfontein), Rossouw Grobbelaar (verteenwoor-
diger: Ficksburg, PANNAR) en Jan Breedt by PAN 3Q-740BR. Hierdie
baster lewer uitstekende resultate in die LNR-nasionale proewe.
Dit is ‘n veelsydige stapelgeenbaster en beskik oor die voordele van
stronkboorderweerstand en glifosaatonkruiddoder-toleransie in een.
3: N.E. Tasana (Ikhephu produsent van Elliot in die Oos-Kaap),
Harry Matebese (markontwikkelingsbestuurder: PANNAR), Git Mdaka
en M.H. Qotoyi (albei van Ikhephu Sekondêr naby Elliot, Oos-Kaap).
Hierdie produsente maak van PANNAR se kultivars gebruik vir die
afgelope 14 jaar.
4: Piet Naudé, Jurrie Meyer (albei van Ladybrand) en Martin Maartens
(verteenwoordiger: PANNAR). Piet en Jurrie plant PAN 7080 en
PAN 7049 asook PAN 7098 en PAN 7057.
5: Dennis Meyer (Oudtshoorn), Carl Gathmann (Greytown, KwaZulu-
Natal) en John Odendaal (nasionale bemarkingsbestuurder: PANNAR).
6: Martin Maartens, Bruce Hamilton (Verde Beef), Arnold Krul
(Verde Beef) en Hendrik Buys (Ladybrand).
7: Jaco Naudé (verteenwoordiger: PANNAR) gesels met Drienus van Zyl
(Kakamas) oor ‘n besproeiingspakket – PAN 6126 en PAN 3Q-740BR in
hierdie geval.
8: Verskeie saadmaatskappye het ‘n addisionele uitstalling gehad waar
proewe geplant is. By PANNAR se saadplot kon produsente ‘n wye
reeks PANNAR gewasse kom besigtig.
PROMOSIE-ARTIKEL
JURGEN VAN ONSELEN,
namens PANNAR
1
4
7
8
5
6
2
3