

TERUGBLIK
NAMPO 2015
Spesiale
Fanus le Roux (Rovic Leers, Bothaville), Rob Armstrong en Paul Coetzee
(albei van Nottingham Road, KwaZulu-Natal) en Dewald Barnard
(Rovic Leers, Pietermaritzburg) by die Krone Comprima F125XC – ‘n
baler met ‘n kerfmeganisme wat bale met tou bind. Hierdie is ‘n nuwe
baalvormingsmeganisme – die dwarsstawe word met ‘n rubberbelt
aangedryf, wat die baler uniek maak en veroorsaak dat hy stiller as
gewone balers loop. Slytasie is ook minder.
Uitstallers
by vanjaar se Oesdag
Albert Potgieter, Gert Loggenberg en Paul Bruwer (almal van
Harrismith) het met Johannes van Rooyen (Zoetis, Bloemfontein),
links, en Gerrie Roos (Zoetis, Bethlehem), regs, kom gesels oor
Cydectin Pour-on – ‘n ontwurmings- en bosluismiddel vir beeste
– wat die maatskappy besig is om te hervestig in die mark nadat dit
vir ‘n tyd lank nie in Suid-Afrika beskikbaar was nie.
Annamarie Pretorius (Kroonstad) stel daarin belang om ‘n Axor 1828-
vragmotor aan te skaf. Neels Groesbeek (Mercedes-Benz-verkoops-
bestuurder: Swaar kommersiële voertuie,) was daar om haar meer te
vertel van dié vragmotor wat ‘n 180 kW-enjin het. By hulle is Reinette
Kriel (ook van Kroonstad).
Pietie van der Merwe (trekkerhandelaar van Schweizer-Reneke),
Brad Braithwaite en Danie Nortje (laasgenoemde albei van Argo) in
die kajuit van die McCormick x7.680 Powerplus. Dié splinternuwe
trekker in die McCormick-reeks het ‘n 138 kW Betapower-enjin.
Vervolg op bladsy 14
Hou die Augustus-uitgawe van
SA Graan/Grain
dop vir ons spesiale fokus op trekkers,
werktuie en implemente.
Belangstellende adverteerders kan vir
Jurgen van Onselen kontak by 082 417 3874
of 021 976 4482.