SA Graan Junie 2014 - page 60

Junie 2014
58
Hulpbronkennisen -optimering
vormdiebasisvandiéboerdery
sebestuur
I
n die omgewing van Riversdal en Napier bedryf CD du Toit
en sy broer, Erhardt, hul boerdery. Hierdie graanprodusente
verbouhoofsaaklik koring, kanola, lupiene engars. Ten eindedie
hulpbronne optimaal te benut asook om risiko te verskans, word
daar opRiversdal ookmet skape en volstruisegeboer.
Volgens CD (en soos talle produsente weet), kan reën nie gemaak
wordnie,maarmoetdie reënwatontvangword, sobestuurworddat
dit die beste opbrengsresultate lewer. Hy noem dat dit net gedoen
kanworddeur diegrond so ver asmoontlik reg temaak engewasse
engewaskombinasies optimaal tebestuur omwins temaksimeer.
CD het begin boer toe dit niemaklikwas om te boer nie. Hy onthou
nog goed hoe hy 25% rentemoes terugbetaal en hoe die rentewat
diéspesifieke jaarbetaalmoesword,meerasdiekoöperasierekening
was. Dít en sy voorliefde vir grond asook sywil om te boer het hom
aangespoor omdiebeste van sy lewe temaak.
Passie vir grond
“Van kleins af het grond my gefassineer en daar was ‘n paar
trekkerongelukkies omdat ek eerder agter na die grond as voor my
gekyk het terwyl ek as kind landebewerk het,” vertel CD.
CD was in ‘n gelukkige posisie om hierdie passie vir grond verder
te kon bestudeer en te ontwikkel. Op universiteit het hy Akkerbou,
GrondkundeenLandbou-ekonomie studeer, terwyl hyop ‘nmoeilike
plaas geboer het.
Dit het hom gehelp fokus om die gronde beter te verstaan en hul
aanwendingsgeleenthede raak te sien. Gelukkig kon hy ook die
moeilike vrae in hierdie tyd aan die geleerdes vra en so kon hy die
praktiese ervaring endie teoriemetmekaar trou.
Produksiestelsels
“Omvolhoubaar teblyboer, isdiewinsgewendheidvanenigestelsel
net sobelangrik soosdieproduksievanaf hierdie stelsel. Allesbegin
by doelwitte en die beplanning om hierdie doelwitte te bereik. Die
beplanningmoet ook omgesit word in ‘n volledige kontantvloei wat
ten minste vir ‘n jaar vooruit opgestel word. Hierdie beplanning is
‘n proses wat deurentyd aangepas moet word. As pryse verander,
moet dit in die toekomstige kontantvloei gereflekteer word. Die
kontantvloei help ook om te sorg dat aankope oordeelkundig
gedoen word en dat die fokus op die regte plekke gehou word.
Aankoopbeplanning isnet sobelangrik soos verkoopsbeplanningen
bestuur,”meenCD.
Met die huidige termynmark is daar baie geleenthede om
gewaspryse te verskans. CD het moeite gedoen en meer oor die
gebruik en aanwending van die termynmark geleer en pluk vandag
die vrugte daarvan. Met die begrotingsinligting is die gewasse se
gelykbreekprysvlakke bekend en word die pryse hiervandaan be-
stuur. Die inligting word ook gebruik om te besluit of graan eerder
verkoopmoetwordof deur die skapeof volstruisebenutmoetword.
Indien daar niks is om te verkoop nie, is daar ook geen inkomste
nie. Om hierdie rede beywer CD hom daarvoor om te sorg dat alle
gewasse optimaal produseer. Bewaringsboerdery asook biologiese
boerdery word in kombinasie aangewend om die winsgewendheid
en volhoubaarheid vandie stelsel te verhoog.
Dit beteken dat die grond so min as moontlik versteur word, dat
die grond so lank as moontlik bedek moet bly en dat die gewasse
afgewissel moet word. Op die Napier-boerdery word ongeveer die
helfte vandieoppervlaktemet koringgeplant, terwyl die res vandie
lande vir kanola- en lupiene-produksie aangewend word. Die lande
inNapier word nie deur vee bewei nie en die oesresteword gebruik
om vog tebewaar endiebiologiese lewe vandiegrond te stimuleer.
Veeproduksie
DieRiversdal-plaas isgeleë in ‘ngebiedwatmeer reën asNapier kry
en somerreën kanookverwagword.Omhierdie redeworddieplaas
aangewend vir beide graan- en veeproduksie. Op dié plaas bestaan
die veevertakkinghoofsaaklik uit DohneMerino’s en jong volstruise.
Die Dohne Merino’s produseer speenlammers en wol, terwyl jong
volstruise tot op slagouderdom op die plaas uitgegroei word. Voer-
vloei vir die vee en voëls word hoofsaaklik opgemaak uit lusern,
kanola ennatuurlikeweiding.
Ten einde die gewasse te wissel, word die lusern vir vier jaar in
produksie gehou en dan gewissel met koring opgevolg deur kanola,
koring en weer met kanola waarin die lusern weer gevestig word.
Die kontantgewasseword sominasmoontlikbewei teneindevog te
bewaar enomdiebiologiese lewe indiegrond te stimuleer.
Biologiese boerdery word op hierdie plase gebruik om koste te
verminder. “Die oesreste op die grond hou die grond nat en beheer
die grondtemperatuur en dit stimuleer biologiese aktiwiteite en
lewe in die grond,” sê CD. Die biologiese lewe in die grond vorm
ook ‘ngroot klomp stikstof indiebogrondwat diegewasverbouings-
koste afbring.
Grondontledings en -regstellings
Ongelukkig leef die mikroörganismes nie net van oesreste nie en
daarom sorg CD en Erhardt dat die gronde op ‘n gereelde basis
reggestel word. Presisie-grondontledingswordop ‘ngereeldebasis
elkedrieof vier jaar geneem.
OP PLAASVLAK
Graanprodusent /CDduToit /Hulpbronne / Leergierig
Bestuurspraktyke
GraanSA/SyngentaGraanprodusent vandie Jaar-finalis
–CD du Toit
PIETMANBOTHA,
SAGraan/Grain
medewerker
1...,50,51,52,53,54,55,56,57,58,59 61,62,63,64,65,66,67,68,69,70,...84
Powered by FlippingBook