SA Graan Junie 2014 - page 62

OP PLAASVLAK
Bestuurspraktyke
Hierdie resultate word gebruik om aan te dui waar regstellings
gedoen moet word. CD besluit self hoeveel van watter elemente
toegedien moet word. Die regstellings word gedoen deur die
kalsium-magnesiumverhoudings te balanseer, om die regte kalk op
die regte plekke te strooi, die grondfosfaat aan te vul en om veral
hoendermis op die lande uit te strooi. Al hierdie regstellings word
gedoendeur presisieboerderytoerusting tegebruik.
Metbehulpvanhierdienatuurlikemikrobes, kondieDuToitBoerdery
dit regkry om hul bemestingsrekening oor tyd af te bestuur. Vandag
wordhoëopbrengste verkry,met relatiewe laebemestingsinsette.
Dit isvirhullebelangrikom teweet hoeveel stikstof indiegrond isen
daaromword daar jaarliks ontledings gedoen om dit te bepaal. Die
bemesting wat toegedien word, moet ook in die stelsel aanpas en
daaromwordmin anorganiesebemesting toegedien.
Vir CD isdit belangrikdat diegewasse sewortels in staatmoetwees
om die grondprofiel behoorlik te benut. Op hierdie plase is dit die
geval en CD skryf dit toe aan gesonde grond met hoë vlakke van
organiese stikstof en lae stikstofbemesting tydens plant.
Dieontbindendeplantmateriaal verskaf ook later indiegroeiseisoen
die stikstof om seker te maak dat die koring aan die vereiste
standaarde voldoen. Indien topbemesting toegedien word, gebruik
hulle opgeloste ureum gemeng met humate wat dan uitgespuit
word. Die ekstra topbemesting word in drie paaiemente aan die
plante verskaf.
Plaagbeheer
Onkruidbeheer en skoon lande is ‘n vereiste vir hierdie boerdery.
Jong onkruide en opslagword ná stroop, tot kort voor-plant met ‘n
nie selektiewe onkruiddoder beheer. Jong onkruide beheer maklik
en laedosisseonkruiddoderworddus benodig.
Omrede wisselbou toegepas word, kan die grasse hoofsaaklik in
die kanola, lusern en lupiene beheer word, terwyl die breëblaaron-
kruide hoofsaaklik in die koring, gars, lusern en Clearfield-kanola
beheerword.
Tydens plant word seker gemaak dat die plantestand by die
hulpbronne aanpas. Plantestand word ook gebruik om onkruide
te beheer en daarom poog die boerdery om rondom 50 plante per
vierkante meter te realiseer. Dié plantestand is ook op die plaas
getoets enwerk vir hierdieboerderystelsels.
Tog het dié boerdery ook sy eie probleme en uitdagings. Slakke
is een uitdaging wat bestuur moet word. Alhoewel daar na nuwe
biologiese beheermetodes gesoek word, is hul tans aangewese op
diegebruik van chemiesemiddels.
Meganisering
Masjinerie is ‘n baie duur item op ‘n plaas. CD en Erhardt is in die
gelukkige situasie dat masjiene oor en weer gebruik kan word om
diewerktyd van duur kapitaalitems uit te brei. Geskikte arbeiders is
baie skaars en daarom poog dié boerdery om so ver asmoontlik te
meganiseer. Masjinerie en nuwe tegnologiemaak ook diewerk baie
makliker.
Vir ‘nboerderyom teblyvoortbestaan, isveranderingenaanpassing
‘n vereiste. Om te kan verander is kennis nodig en om hierdie rede
blyCD ‘n leerder. Hybly sy kennis uitbrei deur baie te lees, kursusse
by tewoon endeur hom teomringmetmedeprodusentewat bereid
is omhul kennis en ervaringsmet hom tedeel.
Teneindevir dienuwegeslagtevoorsiening temaak,worddaar hard
gewerk om die besigheid te bly groei. “Daar moet plek wees vir die
seuns in hierdie boerdery en hulle moet hul passies hier kan kom
uitleef,” sêCD.
CDmeen deur vir die grond te sorg, die natuur sinvol te gebruik en
die grond te bedek, help dit om die bankbestuurder gelukkig te hou
en dít maak dat hierdie boerdery ‘n waardige Graanprodusent van
dieJaar-finalis is. Vir verdere inligting, kanCDduToit gekontakword
by 082 829 5928.
ulpbronkennisen -optimeringvormdiebasisvandié
boerdery seb tuur
1...,52,53,54,55,56,57,58,59,60,61 63,64,65,66,67,68,69,70,71,72,...84
Powered by FlippingBook