Reg. No: K9484
TRIOMF NitreX™ is ‘n nuwe ureum gebaseerde
korrelkunsmis wat nou op drie wyses toegedien kan
word naamlik: as ‘n voor-plant toediening, deur dit in
die grond in te werk of as een of meer topbemesting.
NitreX™ is die revolusionêre nuwe rooi kunsmis wat
dit vir die eerste keer in SA vir die produsent moontlik
88 µ½µ½n ½b ½b Yb Èubµ µË u²Y µb oµbµb
eienskappe. Die grondtipe bepaal of ‘n produsent sy
stikstof as ‘n voor-plant toediening, deur dit in die
grond in te werk of as een of meer topbemesting gaan
toedien. Die stikstofbronkeuse is kritiek en ‘n produsent
kan miljoene rande verloor as hy die verkeerde bron
vir die ‘n grondtipe kies. Die grootste risiko is stikstof
verliese as gevolg van vervlugtiging of loging en dit
kos boere baie geld elke seisoen. NitreX™ is die eerste
produk wat stikstof verliese tot ‘n minimum beperk en
stel die boer in staat om sy stikstof toediening volgens
sy grondtipe te doen.
Geen bewerking en minimum bewerking word
toegepas op gronde wat hoog is in klei en die stikstof
moet bo-op die grond uitgestrooi word: voor-plant
of as topbemesting. In so ‘n geval kan ureum dus nie
as stikstofbron gebruik word nie want ureum word
omgeskakel na ammoniakgas deur middel van die
urease ensiem in die grond wat vervlugtiging van
stikstof veroorsaak. Die produsent kan meer as die
helfte van sy stikstof verloor.
NitreX™ is die enigste produk wat ideaal in
bogenoemde gevalle gebruik kan word en maak sin
sodra die werking van die produk verstaan word:
Tydens die huidige seisoen het heelwat TRIOMF boere
reeds suksesvol met NitreX™ hulle bemestingpraktyke
verander om geld te spaar en beter opbrengste te kry.
Tradisioneel het hierdie produsente topbemesting
gegooi, maar kon nie altyd betyds in die lande kom
nie en dit was ‘n tydsame en duur bewerking. Waar
die grond dit toelaat, het hul NitreX™ voor plant met
groot strooiers uitgestrooi wat koste-effektief en
vinnig is. Op ander gronde was NitreX™ net na plant
uitgestrooi. Hierdie suksesvolle TRIOMF produsente is
tot dusver baie tevrede en die rooi kunsmis is deel van
hulle praktyk.
Watter voordele bring NitreX™ dus bo ander ureum
produkte?
NitreX™ bevat ‘n
urease inhibeerder
sowel as ‘n
½²o8µb }Fbb²Yb²
wat loging en vervlugtiging
van stikstof verhoed. Minder kunsmis word benodig
en stappe in bewerking kan uitgeskakel word wat
insetkostes dramaties verlaag.
Noudat jy weet waar jou profyt heen is, is die verhoging
daarvan maklik met die wete dat verbeterde produkte
beskikbaar is om insetkoste drasties te verminder.
TRIOMF is ‘n trotse lid van FERTASA en vorm deel van die
Africom Commodities Groep van Maatskappye | africom.co
triomfsa.co.za