Background Image
Previous Page  34 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 34 / 92 Next Page
Page Background

Julie 2015

32

PROMOSIE-ARTIKEL

S

ink is ‘n belangrike element in die hele voedselketting. By plante is

dit belangrik vir die sintese (of in algemene taal, die vervaardiging)

van koolhidrate en ook van proteïene wat die primêre boustene is in

plantproduksie.

Die afwesigheid van sink in die voedingsprogram van gewasse kan

baie beslis beperkend wees en sinktekorte kan lei tot aansienlike

verliese, veral by gewasse wat swaar voeders op sink is, soos by-

voorbeeld mielies, uie, appels en sitrus.

Die voordele van sinksulfaat Heptahidraat is dat dit 100%

wateroplosbaar is. Dit bevat ook ‘n relatief hoë persentasie Zn

van ongeveer 22% en dit is 100% planttoeganklik. Danksy die hoë

wateroplosbaarheid van anorganiese sinksoute, is Hepta iets wat

noodsaaklik is vir bemestingsdoeltreffendheid.

‘n Sinktekort-regstelling kan gedoen word deur óf organiese óf

anorganiese sinkmengsels. As gevolg van sy hoë wateroplosbaar-

heid (‘n sleutelfaktor in bemestingsdoeltreffendheid), is sinksulfaat

een van die mees algemeen gebruikte anorganiese mengsels wat

aangewend kan word om sinktekorte reg te stel. Dit is beskikbaar in

droë vorm, los maklik op in water en is ook taamlik goedkoop.

Daar is verskeie metodes wat gebruik kan word om gewasse met sink

aan te vul:

Voorafbehandeling van saad.

Besproeiingsbemesting – die inname van sink wat deur middel van

besproeiing toegedien word.

Grondtoediening – sistemiese inname deur middel van die wortels

van die gewas.

Blaartoediening – inname deur middel daarvan om die blare van

die gewas te bespuit.

Gebruiksaanwysings vir sinksulfaat

Hepta 22% Zn

Grondregstellings

Maksimum 50 kg/ha breedwerpig toegedien op braakgrond ten

minste agt weke voor die vestiging van enige gewas.

Grondtoedienings

100 g - 200 g per boom tydens vestiging of vir onderhoud.

3 kg/ha opgelos in 50 liter - 75 liter water met die Zinchem-

grondtoediening in die plantervoor tydens plant.

Op die planter tydens spuit – 2,5 kg/ha - 5 kg/ha opgelos in 300 liter

water oor die ry (300 mm).

Pekanneute – ‘n eenmalige grondtoediening van 100 g - 200 g per

boom kan gedoen word met die aanvang van die groeiseisoen,

wat dan opgevolg word met blaarvoedings.

Toediening vir besproeiingsgewasse

5 kg/ha - 25 kg/ha deur die besproeiingstelsels teen 100% (3 mm

- 6 mm water/ha). Moenie meer as 5 kg op ‘n slag toedien nie.

Verdeel die toediening deur die groeiseisoen, maar moenie tydens

die blomstadium toedien nie.

SUDESH SINGH,

Zinchem

Sinksulfaat Heptahidraat

100% wateroplosbaar – dring daarop aan

By pekanneute kan ‘n eenmalige grondtoediening van 100 g - 200 g per

boom gedoen word met die aanvang van die groeiseisoen, wat dan op-

gevolg word met blaarvoedings.

Foto: Ben Visser, Pecans South Africa

Blaarvoeding

2,5 kg/ha - 5 kg/ha teen ‘n 1%-konsentrasie vanaf drie weke na-

opkoms.

Pekanneute – 500 g - 750 g opgelos in 200 liter water of meer wan-

neer blaarbotsels 50 mm lank is. Herhaal ten minste vier keer met

twee tot drie weke tussenposes. Dit is dalk soms nodig om soveel

as ses toedienings toe te dien waar lae sinkvlakke voorkom.

Opmerkings

Zinchem se produkte moet apart toegedien word en nie saam met

onkruiddoders nie. Trek eers grondontledings en maak aanbevelings

voor grondregstellings oorweeg word.

Zinchem is ‘n vooraanstaande verskaffer van Heptahidraat. Dit is as ‘n

droë poeier beskikbaar.

‘n Verdere voordeel van die gebruik van sinksulfaat, is die feit dat 11%

swael ook in die produk ingesluit is.

Zinchem, ‘n vervaardiger van onder meer sinksulfaat van ‘n hoë ge-

halte, voorsien die produk in die regte vorm vir toediening en oplos-

baarheid plaaslik en in die buiteland sodat dit as ‘n spoormineraal vir

optimale gewasprestasie gebruik kan word.

Misstofgroep 2. Registrasie Nr. B2062. Wet Nr. 36 van 1947.