Background Image
Previous Page  29 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 29 / 92 Next Page
Page Background

Die beskikbaarheid van bemestingstowwe

G

rondsuurheid is ‘n aanduiding van die balans van H

+

- en

Al

3+

-ione in die grondoplossing. Die toename in die H

+

-

ioon veroorsaak ‘n vrystelling van Al

3+

-ione vanuit die

kleiminerale na die grondoplossing wat toksies is vir

plantwortels.

Die Al

3+

-ione verhinder die beskikbaarheid vir opname van

katione wat veroorsaak dat plante nie hul genetiese groei en

produksiepotensiaal kan bereik nie. Die belangrike katione vir

gewasse in die grondoplossing waarna hier verwys word, is

elemente soos kalium, kalsium en magnesium.

Die goedkoopste manier om die grondsuurheid te korrigeer, is om

landboukalk toe te dien en daarby met kalsium en magnesium te

bemes. Kalktoediening se voordele is soos volg:

Dit verhoog die pH.

Dit verhoog die effektiwiteit van die kunsmis.

Dit verhoog die kalsium- en magnesiuminhoud van die grond.

Dit verbeter wortelindringing in ‘n suur ondergrond (indien gips

bygevoeg word).

Om pH reg te stel, nader aan ‘n neutrale pH-vlak, veroorsaak dat

voedingstowwe wat verhinder is om opgeneem te word, weer

beskikbaar word in die grondoplossing vir opname deur die plante.

Daar is plantvoedingstowwe wat uit die grond loog gedurende

die produksieseisoen en wat ongelukkig nie meer beskikbaar sal

wees vir die volgende seisoen se aanplantings nie.

Figuur 1

is ‘n

grafiese voorstelling van die plantbeskikbaarheid van verskillende

voedingstowwe by verskillende pH-statusse in ‘n voorgestelde

grondoplossing.

Dit is redelik onstellend om te sien wat die hoeveelhede duur

kunsmisstowwe is wat onbeskikbaar is vir plantopname by

ongewenste pH-statusse. Korrekte regstellings van pH met

hoëkwaliteit landboukalk het duidelik meer voordele as net ‘n

gewenste pH-vlak.

Produk-inligting

FOKUS

Bemesting

Spesiale

ESMOND COEN,

Grasland Ondernemings

Figuur 1: Kunsmisdoeltreffendheid by verskillende pH-statusse.