Background Image
Previous Page  35 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 35 / 92 Next Page
Page Background

33

July 2015

BASF SA stel eerste Demoplatform

aan produsente bekend

B

ASF Suid-Afrika Gewasbeskerming se hoofprioriteit is

om die produsent se uitdagings en behoeftes te verstaan.

Die produsent, BASF se belangrikste vennoot, is die hoof-

fokus en vir dié rede is hy die middelpunt van al die maat-

skappy se aktiwiteite.

Ná die uitvoering van breedvoerige navorsing, het BASF ‘n nuwe

konsep vir die uitstalling van huidige en toekomstige gewasbe-

skermingsoplossings gevestig. Die BASF Demoplatform is ‘n

multigewas-tentoonstelling waar huidige en toekomstige plaas-

bestuuroplossings aan produsente voorgelê word.

Die hoofdoel van hierdie platform is om produsente toe te rus

met die nodige kennis van BASF se innoverende, betroubare

en volhoubare gewasbeskermingsoplossings. Dit word uitgelig

deur BASF se bemarkingsbestuurder, mnr Mikael Coquiller: “Die

Demoplatform is een van ons grootste projekte van die jaar en

speel ‘n belangrike rol in BASF se strategie wat op die produsent

gefokus is. Met dié strategie is ons hoofdoel om doeltreffende en

volhoubare plaasbestuursoplossings aan die produsent te bied,

wat gevolglik lei tot verhoogde kontantvloei, geoptimaliseerde

produksiedoeltreffendheid en die oorhoofse doel van verhoogde

opbrengs op belegging.”

Die eerste byeenkoms het plaasgevind op Delmas op 17 Februarie

vanjaar. Die indrukwekkende 5 ha plot is verdeel in drie hoofge-

wasse, naamlik mielies, sojabone en sonneblom, en is verder ver-

deel in onkruiddoder- en swamdoderprogramme. Produsente het

die geleentheid gehad om die voordele en resultate van huidige

en toekomstige oplossings waar te neem. Insiggewende voorleg-

gings is aangebied by verskeie gewaswerkswinkels en het gedien

as die perfekte platform vir produsente om hulle insette en terug-

voer te gee.

Op 3 Maart het die tweede byeenkoms van die Demoplatform op

Rysmierbult plaasgevind, op mnr Casper Botha se plaas. Volgens

die produsente wat dit bygewoon het, was hierdie werkswinkels

uiters professioneel en van uitmuntende gehalte. Die BASF

tegniese span het die produsente toegerus met waardevolle gewas-

beskermingsinligting asook informasie rondom doeltreffende

plaasbestuur.

Die derde Demoplatformbyeenkoms het plaasgevind op Howick op

25 Maart, waar mielie- en sojaboonproewe ten toon gestel is. Dié

byeenkoms was net so interaktief soos die vorige twee en almal

wat dit bygewoon het, was uiters beïndruk deur die uitslae van

huidige en toekomstige BASF-oplossings.

‘n Totaal van ongeveer 200 produsente vanuit die verskeie omliggen-

de areas het hierdie drie byeenkomste bygewoon. “Ons hoofdoel

is om produsente se behoeftes en uitdagings te verstaan en dié

drie byeenkomste is net die begin van ‘n langtermynvennootskap

met die produsent,” sluit Coquiller af.

Hierdie byeenkomste is ‘n uitstekende platform vir BASF om hul op-

lossings aan produsente ten toon te stel en is terselfdertyd ‘n goeie

indikasie van hoe belangrik dit vir die maatskappy is om produsente

se behoefte aan geïntegreerde plaasbestuursoplossings te vervul.

Die Suid-Afrikaanse produsent is BASF se hoofprioriteit en die be-

kendstelling van die Demoplatform is die eerste stap van vele

indrukwekkende vooruitsigte vir die toekoms.

BASF

1: Die BASF Demoplatform by Delmas, uit die lug afgeneem.

2: ‘n Sojaboonwerkswinkel gehou by die Delmas Demoplatform op 17 Februarie vanjaar.

3: Die BASF-boeredag Platformvoorleggings is vanaf Februarie tot Maart vanjaar op Delmas en

Rysmierbult gehou.

4: Die BASF Demoplatform by Howick op 25 Maart vanjaar.

1

2

3

4

FOKUS

Bemesting

Spesiale