Background Image
Previous Page  37 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 37 / 92 Next Page
Page Background

35

July 2015

(Hoeft

et al

., 2000). Die meeste gronde in Suid-Afrika bevat egter

minder as 0,5% organiese materiaal waarvolgens hierdie bydrae

relatief klein sal wees.

Die bestuur van N-vlakke in die grond

gedurende die seisoen

Volgens hierdie metode word grondmonsters vir anorganiese

N-bepalings gedurende die seisoen voor die laaste N-toedie-

ning geneem sodat N-regstellings nog tydig daarvolgens gedoen

kan word.

‘n Verwantskap tussen anorganiese N en relatiewe opbrengs vir

mielies word in

Grafiek 1

uitgebeeld. Volgens die verwantskap wat

oor vyf verskillende geografiese lokaliteite vir mielies verkry is, kan

90% tot 100% opbrengs verwag word indien daar meer as 100 kg

anorganiese N/ha, teen ses tot agt weke na-plant in die boonste

600 mm grond teenwoordig is.

Weens die mobiele aard van N sal dit nie prakties moontlik wees

om N-vlakke in die grond gedurende die seisoen presies op

100 kg/ha te bestuur nie. Verder is dit ook nie raadsaam om te

poog om presies 100 kg N/ha in die grond te handhaaf nie om-

dat drastiese opbrengsverliese net onder die hoeveelheid moontlik

is (Grafiek 1).

Ekonomies mag dit ook die moeite werd wees om die opbrengs

van 90% na 100% te verhoog. Die nastrewing van drempelwaardes

van byvoorbeeld 140 kg N/ha onder droëlandomstandighede en

170 kg N/ha onder besproeiing, behoort baie veiliger en ook nader

aan die ekonomiese optimum te wees. Die ekonomiese optimum

behoort bykomend vir elke omstandigheid bevestig te word.

Die risiko van te min N (

Foto 1

) is baie groter as die risiko van te

veel N (

Foto 2

). Lae N-vlakke in die grond het opbrengs tot so min

as 14% verlaag, terwyl die opbrengs by hoë N-vlakke tussen 90%

en 100% opbrengs was (Grafiek 1). Hierdie bevinding weerlê die

mite dat te veel N gewasproduksie ernstig onderdruk. Die wins-

gewendheid van N-toedienings sal egter wel betekenis verminder

met oorvoorsiening.

Regstelling van tekorte volgens hierdie metode mag slegs op die

verskil tussen die drempelwaarde en die gemete N berus wanneer

die klei-inhoud in die grond meer as 20% is. Vir gronde met ‘n

klei-inhoud van 15% tot 20% is die faktor wat die tekort mee ver-

menigvuldig moet word nagenoeg 1,5, terwyl die faktor onder 15%

klei nagenoeg 2 is. Nadat N-regstellings hiervolgens gemaak is,

behoort anorganiese N weer getoets te word, veral indien verdere

regstellings oorweeg word.

Gevolgtrekkings en aanbevelings

Anorganiese N-grondontledings voor die aanvang van die

volgende seisoen kan baie effektief aangewend word om N-

bemestingsbeplanning vir die komende seisoen aan te pas

– algemene afleidings gebaseer op reënval en oesopbrengs van

die vorige seisoen behoort vermy te word.

Die handhawing van anorganiese N-ontledings naby 140 kg N/ha

onder droëland en 170 kg N/ha onder besproeiing geduren-

de die seisoen behoort nie alleen maksimum opbrengs te ver-

seker nie, maar ook maksimum wins.

Organiese materiaalbepalings voor die seisoen kan gebruik

word om die bemestingsbeplanning in ‘n beperkte mate te

verfyn, terwyl dit gedurende die seisoen geen betekenisvolle

bydrae lewer nie. Gemineraliseerde N word in effek deur anor-

ganiese N-bepalings gedurende die seisoen ondervang.

Te min stikstof het ‘n drastiese effek op beide opbrengs en

winsgewendheid, terwyl te veel N nie ‘n drastiese effek op op-

brengs het nie, maar wel winsgewendheid sal verminder. Die

risiko van te min N is dus baie groter as die risiko van te veel

N. Maksimum winsgewendheid bo alle produksiekoste be-

hoort nagestreef te word en nie net maksimum rendement bo

N-koste nie.

Verwysings

ADRIAANSE, F.G. 1990. Effects of nitrate: ammonium ratios, times of application

and prolificacy on nitrogen response of Zea mays L. PhD. University of the

Free State.

ADRIAANSE, F.G. 2013. Relationships between inorganic soil nitrogen and relative

yield for maize production in South Africa. Fert. Soc. S. Afr. J.

HOEFT. R.G., NAFZIGER. E.D., JOHNSON. & ALDRICH. S.R. 2000. Modern corn and

soybean production. MCSP Publications, 1520, Yorkshire Dr, Champaign, IL, USA.

Vir meer inligting, tree gerus in verbinding met Sasol Chemicals (Kunsmis) se kontaksentrum by 087 350 2222 of

fertiliser@sasol.com .

Let wel: Raadpleeg ‘n gekwalifiseerde landboukundige vir meer lokaliteitspesifieke toepassings. Die resultate waarna in hierdie artikel

verwys word, is onder spesifieke omstandighede verkry en is daarom nie algemeen onder alle omstandighede toepasbaar nie.

1: 53 kg anorganiese N/ha in die grond, 0 mm - 600 mm diep. Toediening = 103 kg N/ha.

2: Meer as 100 kg anorganiese N/ha in die grond, 0 mm - 600 mm diep. Toediening = 110 kg N/ha.

1

2