Background Image
Previous Page  36 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 36 / 92 Next Page
Page Background

Julie 2015

34

Die verband tussen anorganiese

stikstof in die grond en relatiewe

opbrengs vir mielies

D

ie meting van anorganiese stikstof (N) in die grond is die

akkuraatste wetenskaplike basis vir N-bemestingsbeplanning

voor die aanvang van ‘n seisoen sowel as vir genoegsame voor-

siening van N gedurende die seisoen.

Anorganiese N bestaan uit beide nitraat (NO

3

-

) en ammonium

(NH

4

+

) en dit is noodsaaklik dat daar vir beide die vorms van N ge-

toets word. Gewasse soos mielies, neem beide hierdie vorms van

N op, hoewel dit ‘n nitraat-N:ammonium-N-verhouding van na-

genoeg 75:25 vir die volle groeiseisoen verkies (Adriaanse, 1990).

Onder aërobiese toestande word ammonium-N gewoonlik redelik

vinnig deur die proses van nitrifikasie na nitraat-N omgeskakel.

Beplanning van N-behoefte voor die

aanvang van die volgende seisoen

Volgens hierdie metode word grondmonsters vir anorganiese

N-bepalings na-oes voor die eerste bewerking geneem.

Onder die meeste omstandighede behoort anorganiese N vir ‘n

diepte van 0 mm tot 600 mm bepaal te word. Slegs indien wortel-

ontwikkeling en N-onttrekking nie dieper as 300 mm plaasvind

nie, sou ontledings tot die boonste 300 mm beperk kan word.

Die ontledingsmetode wat gevolg behoort te word vir anorganie-

se N, is ekstraksie met kaliumchloried (KCl). Digtheid moet ook

vir dieselfde diepte-inkrement bepaal word. Die konsentrasies van

die twee N-vorms word vervolgens gebruik om die hoeveelhede

ekstraheerbare N vir die bepaalde diepte-inkrement per hektaar

te bereken.

N-behoefte vir die komende seisoen berus op die verwagte N-

opname, dit wil sê 26 kg N/ha vir elke ton mielies minus die gemete

anorganiese N in die grond. Onder besproeiing kan die anorganie-

se N wat met die besproeiingswater toegedien gaan word, ook van

die verwagte opname afgetrek word.

Die verwagte N-lewering uit organiese materiaal vir die volgende

seisoen kan ook van die verwagte opname afgetrek word in-

dien dit enige betekenisvolle verskil sou maak. Gronde wat

1% organiese materiaal in die bogrond bevat, sal nagenoeg 11 kg

tot 34 kg N/ha/jaar deur die proses van mineralisasie vrystel

PROMOSIE-ARTIKEL

ERIK ADRIAANSE,

bestuurder: Agronomiese Dienste, Sasol Base Chemicals

Grafiek 1: Verwantskap tussen anorganiese stikstof in die boonste 600 mm grond, ses tot agt weke na-plant en relatiewe mielieopbrengs oor vyf

lokaliteite. Variasie in klei-inhoud: 0 mm - 600 mm = 2,5% tot 55,5%. Variasie in maksimum opbrengs oor 15 lokaliteit-jare: 3,8 ton/ha tot 11,8 ton/ha

(Adriaanse, 2013).