25
July 2015
en die Hoëveld verskil aansienlik en dit moet in berekening ge-
bring word wanneer aanbevelings vir bekalking gedoen word. Dit
is veral van belang in die Hoëveld om bogronde effens te “oorbe-
kalk” om ondergrondsuurheid te verbeter en te verhoed. Bemes-
ting bly altyd belangrik en moet beslis nie verminder word met
bekalking nie.
Mite: Vloeibare kalk teen baie laer
toedieningspeile as “gewone” landbou-
kalk is koste- en moeitebesparend
Situasie
Die vervaardigers van een van hierdie produkte beweer dat ‘n
toediening van 10 liter/ha van hulle produk gelyk is aan ‘n toediening
van 2 ton/ha droë dolomitiese landboukalk.
Indien die berekenings gedoen word, kom dit daarop neer dat
ongeveer 0,24 kg fyn kalk (fyner as 0,015 mm) per hektaar ‘n reaksie
in die grond sal gee gelykstaande aan 2 000 kg konvensionele kalk
per hektaar.
Dit is waar dat kalk beter reageer met die grond hoe fyner dit is.
Indien dié bewering egter van nader beskou word, beteken dit dat
‘n kalktoediening van ongeveer 0,1 mg/kg (0,1 dele per miljoen)
dieselfde reaksie as ‘n kalktoediening van ongeveer 830 mg/kg (830
dele per miljoen) gee.
Die massa grond per hektaar teen 20 cm diepte is ongeveer
2 400 ton oftewel 2 400 000 kg. Dit behoort dus duidelik te wees
dat dit baie onwaarskynlik sal wees om enige verandering in grond-
ontleding te bepaal met die toediening van die “vloeibare” kalk.
Die regulasies van Wet 36 van 1947 vereis ook dat landboukalk ten
minste 50% fyner as 0,25 mm moet wees. Soveel as 2% van hier-
die fraksie van “gewone” landboukalke kan fyner as 0,015 mm wees.
Dit beteken dat daar in 2 ton landboukalk per hektaar ten minste
20 kg kalk fyner as 0,015 mm toegedien word teenoor 0,24 kg in
die “vloeibare” kalk produk. Navorsing het verder bewys dat die
kalkfraksie fyner as 0,25 mm binne een jaar met die grond reageer
en dan is daar nog die “reserwe” wat growwer as 0,25 mm is.
Daar word verder beweer dat die uiters fyn, vloeibare kalk baie
vinnig met die grond reageer, maar ook dat die kalk so fyn is dat
dit tussen die gronddeeltjies kan “spoel” met water. Indien die
kalk egter so vinnig reageer, sal dit slegs verder kan bestaan as ‘n
kalsium- en ‘n karbonaatioon.
Die karbonaatione sal dadelik met waterstofione in die bogrond
reageer en die kalsiumione sal deur die grond se uitruilkompleks
vasgehou word. Dit kan dan mettertyd afwaarts loog indien daar
‘n oormaat katione vir die uitruilkompleks van die grond is. Slegs
as daar ‘n oormaat karbonaatione teenwoordig is, kan dit afbe-
weeg en grondsuurheid in die ondergrond neutraliseer. Hierdie
proses sal egter etlike jare neem afhangende van reënval en
bewerking. Soos reeds genoem, sal daar bykans geen addisionele
ontleedbare ione wees met die toediening van die “vloeibare” kalk
teen bogenoemde toedieningspeil om af te beweeg nie.
Gevolgtrekking
Dit sal waarskynlik baie minder moeite en koste wees om die vloei-
bare kalk te gebruik in plaas van droë landboukalk. Daar sal egter
waarskynlik geen waarneembare reaksie in die grond verwag
word indien die vloeibare kalk toegedien word volgens die vervaar-
diger se voorskrifte nie. Die hoeveelheid kalk wat toegedien word,
is heeltemal te laag daarvoor.
Die toedieningspeile van die vloeibare kalk sal aansienlik aange-
pas moet word. Dit is te betwyfel of die vloeibare kalk dan goed-
koper as die droë landboukalk sal wees.
Produsente word aangeraai om proefnemings op klein skaal te
doen met die vloeibare kalk teenoor droë landboukalk voordat hulle
‘n besluit neem.
Spesifieke katioonverhoudings in gronde
word nagestreef
Uiteensetting
Daar word normaalweg gebruik gemaak van kalsium- en magne-
siumverhoudings asook die magnesiumontleding om ‘n keuse
tussen die toediening van dolomitiese of kalsitiese kalk te maak.
Daar word ook in verskeie publikasies aangedui wat as ”algemene”
katioonverhoudings in gronde beskou kan word. Dit kom daarop
neer dat kalsium die dominante katioon behoort te wees, gevolg
deur magnesium en kalium.
Navorsing bewys dat kaliumwaardes hoër as magnesium tot on-
derdrukking van magnesiumopname, ten gunste van kalium kan lei.
Só is ook bewys dat magnesiumwaardes té na aan kalsiumwaar-
des op sanderige gronde tot korsvorming kan lei. Té hoë natrium-
waardes hou verband met grondverbrakking.
Ten spyte van die spesifieke waardes wat in die literatuur vir die
verhoudings genoem word, is daar geen navorsing wat bewys dat
die handhawing van dié verhoudings hoër opbrengste tot gevolg het
nie solank grondsuurheid by aanvaarbare vlakke bestuur word en
die betrokke katione bo sekere drempelwaardes is.
Dit blyk ook dat dit ‘n relatiewe duur proses is om die katioon-
verhoudings te bewerkstellig en te handhaaf. Vir die landboukalk
en -gipsbedryf kan dit lei tot verhoogde verkope, maar kommer het
ontstaan dat dit nie geregverdig kan word vir produsente nie.
SA Graan/
Sasol Chemicals (Kunsmis) fotokompetisie
Die gronde van KwaZulu-Natal en die Hoëveld verskil aansienlik en dit moet in berekening gebring word wanneer aanbevelings vir bekalking
gedoen word.