Background Image
Previous Page  32 / 92 Next Page
Basic version Information
Show Menu
Previous Page 32 / 92 Next Page
Page Background

FOKUS

Bemesting

Spesiale

Julie 2015

30

STIKSTOFBINDERS

:

Jou vennoot in volhoubare gewasproduksie

S

tikstof (N) is uiters belangrik vir plantegroei. In vergely-

king met ander nutriënte (voedingselemente) in die grond,

word stikstof die meeste benodig vir plante om te groei.

‘n Gebrek aan stikstof word gewoonlik weerspieël in die plant se

blare wat verkleur (gewoonlik gelerig). Indien daar nie genoegsame

beskikbare stikstof in die grond vir opname vir die plant is nie, moet

dit aangevul word.

N-kunsmistoediening is een van die produsent se belangrikste

middele om gewasproduksie-uitsette te verhoog (

Foto 1

). Gedurige

oormatige toediening kan gewasopbrengste egter verlaag. N-

kunsmis kan ook omgewingsbesoedeling aanmoedig as gevolg van

loging deur die grondprofiel in ondergrondse water.

Biologiese stikstof-fiksering of -binding (BNF) aan die anderkant, is

‘n proses wat deur ‘n groep gespesialiseerde bakterieë uitgevoer

word. Die bakterieë skakel atmosferiese N om na ammonium en

nitrate. Plante kan dan die ammonium en nitrate van stikstof mak-

liker opneem, wat as boustene dien van proteïene vir plantegroei.

Die proses is baie kompleks, maar ‘n paar groepe bakterieë is hoof-

saaklik hiervoor verantwoordelik.

Vrylewende, stikstofbindende bakterieë

Verskeie bakterieë leef in die grond en bind betekenisvolle vlakke

van stikstof sonder interaksies met ander organismes. Groepe soos

Azobacter

,

Bacillus

,

Clostridium

en

Klebsiella

spp. is goeie voor-

beelde van hierdie tipe organismes. Wisselboustudies het getoon

dat die vrylewende bakterieë ‘n bydrae van soveel as 20 kg N/ha

addisionele N kan lewer.

Stikstofbinders in assosiasies

Dié groep bestaan hoofsaaklik uit bakterieë wat woon in die on-

middellike omgewing van plantwortels, ook bekend as die risosfeer.

Dit is hier waar hulle dan ‘n direkte positiewe invloed op plantegroei

en gewasopbrengste kan hê.

Daar is al gevind dat spesies soos

Azospirillum

, noue assosiasies

met verskeie grasspesies vorm, insluitend koring, hawer en mielies.

Die bakterieë bind ‘n groot hoeveelheid stikstof in die gebied om die

gasheerplantwortels.

Faktore wat hierdie tipe binding tussen die plant en bakterieë be-

invloed, sluit in: Die vermoë van die plant om ‘n gebied van lae

suurstofdruk in die risosfeeromgewing te skep, uitermatig wis-

selende grondtemperature en wortelafskeidings in die risosfeer

speel ook ‘n rol.

Simbiotiese stikstofbinding

Menige mikro-organismes bind stikstof simbioties in vennootskap

met ‘n gasheerplant. In die proses verskaf die plant suikers aan

die mikro-organismes vir energiebehoeftes, terwyl die gefikseerde

(gebonde) stikstof deur die mikro-organismes aan die plant uitge-

ruil word vir groei.

Die bekendste voorbeeld van simbiotiese stikstofbinding is waar-

skynlik die wisselwerking tussen peulgewasse (sojabone en grond-

bone) en rhizobia-bakterieë. Voorbeelde van laasgenoemde is die

alombekende

Rhizobium-

en

Bradyrhizobium-

bakterieë.

‘n Unieke eienskap wat rhizobia-bakterieë van die res van die stik-

stofbinders onderskei, is hul vermoë om gespesialiseerde knoppies

in ‘n simbiotiese assosiasie met die peulgewas te vorm (

Foto 2

).

Die proses van stikstofbinding word aangeskakel indien die rhizobia

in die risosfeer verbindings, soos flavonoïde wat deur die plant-

wortels afgeskei word, optel. ‘n Stormloop van rhizobia-gene

word geaktiveer wat lei tot die infeksie van die plant deur rhizobia-

bakterieë en uiteindelik die vorming van nodules (knoppies).

Die assosiasie skakel atmosferiese stikstof om tot ‘n hernubare

bron van stikstof vir landbougebruik met geskatte addisionele

waardes van 200 kg - 300 kg N/jaar. In teenstelling met anorganie-

se N-kunsmis, dien die stikstof wat verkry is deur biologiese

stikstofbinding, nie net as ‘n reserwe N-poel nie, maar kan soms

ook N-kunsmis vervang om gewasopbrengste meer doeltreffend

te verhoog.

‘n Goeie voorbeeld is waar sojabone gevolg deur mielies in ‘n

wisselboustelsel geplant word. Die mielieplant trek voordeel uit

die addisionele N (vasgevang in die peulgewas) en die produsent

betaal dus minder vir stikstof aan die einde van die dag.

Ons weet stikstof is uiters noodsaaklik vir plantegroei en onmisbaar

vir suksesvolle gewasproduksie. Die meeste van die stikstof wat

vandag in gewasstelsels toegedien word, is sintetiese (chemiese)

N-kunsmis.

Biologiese stikstofbinding wys egter dat ‘n groot hoeveelheid stik-

stof op ‘n natuurlike manier aan die gewas voorsien kan word,

wat produsente in staat kan stel om meer volhoubaar en winsge-

wend te boer.

Vir meer inligting, tree in verbinding met Owen Rhode

by

RhodeO@arc.agric.za .

OWEN RHODE,

LNR-Instituut vir Graangewasse

1: Chemiese stikstoftoediening tydens gewasaan-

planting.

2: Effektiewe biologiese stikstofbinding van ‘n

peulgewas deur rhizobia-bakterieë.

1

2