K + S Kali GmbH
THE AUTHORITY IN POTASSIUM AND MAGNESIUM
Producers of :
Muriate of Potash ( KCL 50%) Japfines and Granular
Sulphate of Potash ( K2SO4) Water Soluble and Granular
Kieserite (Magnesium Sulphate) Granular
EpsoTop ( Magnesium Sulphate) Water Soluble
Korn-Kali ( Magnesium sulphate +KCL) Granular
Patentkali ( Magnesium sulphate +K2SO4) Granular
•
•
•
•
•
•
Ground Floor, ICH House,
57 Eastwood Road,
Cnr Oxford Road,
Dunkeld, Johannesburg
www.ich.co.zaTel: +27 (0) 11 8805200
Fax: +27 (0) 11 8806354
e-mail:
ich@ich.co.zaFrans Etzebeth
E mail:
frans@ich.co.zaRepresented in South Africa by:
Industrial Commodities Holdings (Pty) Ltd
FOKUS
Bemesting
Spesiale
Daar is werkswinkels deur die Misstofvereniging van Suider-Afrika
(MVSA), nou Fertasa, gehou met verteenwoordigers van die be-
dryf om dié praktyk te bespreek. Daar kon egter nie bewyse ge-
lewer word dat die opbrengs van enige gewasse verband hou met
spesifieke katioonverhoudings in die grond nie. Daar is wel weten-
skaplike bewyse gelewer dat opbrengs met sekere drempelwaar-
des van magnesium en kalium verband hou. Drempelwaardes vir
kalsium is meestal gevind in potproewe.
Vooraanstaande landboukundiges in Suid-Afrika het hulle onlangs
uitgespreek teen die praktyk om spesifieke katioonverhoudings na
te streef en produsente afgeraai om dit toe te pas.
Aanhangers van dié praktyk is versoek om bewyse ten gunste daar-
van voor te lê, maar daar is egter tot dusver geen sulke bewyse
gelewer nie.
Gevolgtrekking
Produsente word dus op hierdie stadium afgeraai om spesifieke
verhoudings van katione in gronde na te streef. Hulle behoort eer-
der aandag te gee aan die handhawing van sekere drempelwaar-
des vir die katione.
Produsente word egter aangemoedig om proefnemings te doen om
vas te stel of dié praktyk enige meriete het in hulle situasie. Voor-
standers van dié praktyk word ook aangemoedig om wetenskap-
like bewyse vir dit te verkry sodat kennis uitgebrei kan word in
hierdie verband.
Suid-Afrikaanse laboratoriums kan sekere
landboukalke nie ontleed nie
Situasie
Laboratoriums in Suid-Afrika kan enige soort landboukalk ont-
leed om vas te stel of dit aan die vereistes van Wet 36 van 1947
voldoen. Die samestelling in terme van persentasie kalsium en
persentasie magnesium asook die kalsium karbonaat ekwivalent
(KKE) tesame met die fynheid, word op roetinebasis ontleed deur
alle laboratoriums wat lede van ALASA is. Geen landboukalkmon-
ster hoef oorsee gestuur te word vir ontleding nie.
Gevolgtrekking
Dit is in die produsent se belang om vas te stel of die landboukalk
wat aangekoop word aan alle vereistes voldoen. Indien daar twyfel
bestaan oor die produk se samestelling, moet die produsent ‘n
ontleding laat doen. Verkieslik moet gebruik gemaak word van ‘n
neutrale persoon of instansie om die monsterneming en -indiening
by die laboratorium te doen.
Samevatting
Daar is dikwels verskillende menings oor hoe grondsuurheid be-
stuur moet word. Dit is egter belangrik dat wetenskaplike bewyse
altyd as grondslag vir aanbevelings moet dien.
Vir meer inligting, kontak dr Pieter Human by
ph@exactlime.co.zaof 083 290 0334.
Die gebruik van
“GESONDE VERSTAND”-BEGINSELS